Tuis. 12

(Tuis.) #1

Wat’s nuut


Mondu Element R5 995

As jy daarvan hou om jou sitkamer af en toe rond te skuifis
dieMondu- modulêre rusbank van Weylandts net die ding vir
jou! Dit het ’n hoekeenheid ’n sitplek sonder armleunings en
’n vierkantige ottoman wat jy kan meng en pas soos die bui
jou pak. Gebruik dit as ’n tweesitplekbank dagbed of
hoekeenheid. So slim! Elke komponent is bedek met
duursame liggrys lap en jy kan die onderskeie items
individueel koop. Sien meer byweylandts.co.za.

Mondu
Corner
R6 995


Toe ons die Van Jaarsvelds se Kersvierings op Graaff-Reinet gaan afneem het ons
van Amori se dekorwinkel The Windmill Junction by Somersetstraat 52 op die dorp
gehoor. Sy beskryf dit as “alles wat jy van ’n plattelandse winkel wil hê” en ons stem
saam. Van oorspronklike skilderye antieke en shabby-sjiek meubels tot handgemaakte
keramiekware en breigoed van suiwer wol en bokhaar is hier te kry. Vir ’n kykie na
hul pragtige huis blaai na bladsy 50.
WINKELS TOE!

Hoe mooi is dié plafon
van doringtakke?

Mondu Ottoman R3 995

Saamgestel deur Kim Arendse

Gee jou dekor ’n feestelike
styl-inspuiting met dié treffers uit
MRP Home se somerversameling.
Gebruik die mandjie (R25999;
29 cm hoog x 34 cm breed) vir
handdoeke in die badkamer of
helder ’n gastekamer op met die
katoendeken met sy parmantige
tossels (R49999; 140 x 180 cm).
Sien meer by mrphome.com.
Free download pdf