Tuis. 12

(Tuis.) #1
Besoek ludwigsroses.co.za en stuur vrae na [email protected].

Ludwig se


rooshoekie


Ludwig Taschner het raad vir vraatsugtige
plantluise termiete en molle en gee nuttige
wenke vir roossorg in die vakansietyd.

SomerreënstreekMaak minstens twee keer
per week goed nat as dit nie reën nie. Spuit
elke twee weke met Ludwig’s Insect Spray
om ligte infestasies van rooispinnekop
blaaspootjie en plantluise te voorkom. In
reënweer kan jy Chronos by die Insect Spray
voeg om swartvlek te keer. Haal kewers met
die hand af of spuit met Plant Care. Bemes
in die middel van Desember met Vigorosa
as jy nie weggaan nie.

Kaapse kusstreek Maak nou 2–3 keer per
week nat in warm en droë weer; gebruik
gryswater waar waterbeperkings geld.
Moenie rose bemes as dit warm en droog is
nie. Behandel rooispinnekop deur die
onderkant van die blare met Milbeknock te
deurdrenk. Spuit Kemprin of Cypermethrin
teen alle soorte kewers met ’n harde dop
soos die CMR-kewer vrugtekewers en die
bruin Kersfees-kewer wat op die blare sit.

Laeveld en KwaZulu-Natalse kus
Maak drie keer per week goed nat tensy
daar goeie reën val. Spuit met Chronos en
Ludwig’s Insect Spray teen swartvlek en om
plae soos blaaspootjie plantluise en
bolwurm te beheer. Bemes in die middel
van Desember met Vigorosa.
Hou in al die streke aan om dooie knoppe
af te breek en maak so seker jou rose is op
hul mooiste oor die feestyd.

Take vir elke streek


Vakansiesorg vir rose


Desember 2017 tuis 117


‘St Andrews’

‘Granada’

Dis altyd swaar om jou rose agter te
laat wanneer jy weggaan! Want wie wil
nou ná ’n ontspanne vakansie begroet
word deur rose wat ongelukkig lyk
weens ’n gebrek aan water of blare
verloor het weens swartvlek! Volg dié
wenke en jou rose sal skaars agterkom
dat jy weg is:


  • Vingersnoeielke jong sagte loot
    voor jy weggaan (knyp die eindknop
    uit); dit sal dan minder water nodig hê.
    Die roos sal eers ná twee tot drie weke
    weer vinnig begin groei en meer water
    nodig hê maar teen daaardie tyd is jy
    al terug. En die uitgestelde blomtyd
    beteken jy sal die skouspel kan geniet.

  • Spuit die dag voor jy weggaanmet
    Chronos (teen swartvlek) gemeng met
    Ludwig’s Insect Spray. Dié mengsel
    behoort twee weke te hou en sal
    swartvlek en selfs ’n ligte infestasie van
    rooispinnekop kan voorkom.

  • Gaan die onderkant van blare navir
    rooispinnekop en as jy vermoed daar is
    ’n infestasie spuit met Ludwig’s Insect
    Spray of Naturen Rape Oil. As jy al die
    onderste blare se onderkante
    natmaak behoort dié een toediening
    vir tyd en wyl genoeg te wees.
    ͻƐũLJ͛ŶŽƵƚŽŵĂƟĞƐĞďĞƐƉƌŽĞŝŝŶŐͲ
    stelsel het maak seker al die
    spuitkoppe werk en dat die tydreëling
    reg ingestel is.
    ͻZŽƐĞŝŶƉŽƩĞ moet elke dag water
    kry maar as jy weet dit gaan nie
    ŐĞďĞƵƌŶŝĞ͕ƐŝƚĚŝĞƉŽƩĞŝŶĚŝĞƉ
    pierings sodat dit genoeg water vir ’n
    ekstra paar dae het.

  • Jy kan ook waterabsorberende jel by
    die grond voeg; dit hou die water
    langer in die potgrond. As jy kan
    ŝŶƐƚĂůůĞĞƌ͛ŶŽƵƚŽŵĂƟĞƐĞĚƌƵƉͲ
    ďĞƐƉƌŽĞŝŝŶŐƐƚĞůƐĞůǀŝƌũŽƵƉŽƩĞ͘

  • Strooi ’n vars deklaag rondom die
    rose; dit sal water in die grond help
    behou en die wortels koel hou al
    droog die grond uit.


V: Ek woon in Durban en iets lig die grond op in my bedding met ‘St Andrews’-
floribundarose. Ek dink daar is ook termiete want ek het ’n roos opgegrawe wat
uitgedroog het en opgelet sy stam was gevreet.

V: Ek sukkel verskriklik om ontslae
te raak van plantluise op my
‘Granada’-rose. Wat sal help?
Deurdrenk die grond rondom
elke roos met Koinor. Meng eenvoudig
20 ml Koinor in 10 liter water en giet
dan 1 liter van dié mengsel om elke
struik. Die wortels neem die Koinor op
en dit sal die roos vir 6–8 maande
teen klein insekte beskerm.

Die Durban-streek is bekend vir
termiete en hulle kou graag aan die bas
van die wortelstok. Die beweging in die
grond is waarskynlik mol-aktiwiteit. Jy kan
albei uit die weg ruim as jy die grond
rondom die rose deurdrenk met Ludwig’s
Insect Spray gemeng met Plant Care.
Steek met ’n vurk gate van sowat
25–30 cm diep in die grond rondom elke
roosboom. Moenie omspit nie. Voeg 100 ml
Insect Spray en 10 ml Plant Care by 10 liter
water in ’n emmer. Roer en skep dan
1 liter op ’n slag uit met ’n beker (2 liter vir
groter plante) en gooi dit in die gate wat jy
gemaak het. Die olie en die knoffelreuk hou
molle weg. Vir die
termiete sal jy dié
behandeling dalk
elke drie
maande
moet
herhaal.

Free download pdf