Tuis. 12

(Tuis.) #1

kortpadkos


DeurSonja Jordt •Foto’sEd O’Riley

Kos is


op die tafel


Maak smulkos van oorskiet


(in meer as net toebroodjies).


Snoek-en-patatviskoekies
Onder R80 • Maak 6 koekies
Bereidingstyd: 45 minute • Gaarmaaktyd: 20 minute


  • 200 g gaar oorskietsnoek
    gevlok

  • 450 g gaar oorskietpatat of
    -aartappels fyngedruk

  • 2 knoffelhuisies gekneus

  • 60 ml grondboontjies gekap

    • klein hand vol koljander
      fyngekap

    • 1 eier geklop

    • meel

    • 2 eiers geklits

    • droë broodkrummels

      • 1 groen appel in skyfies
        gesny

      • halwe komkommer in die
        lengte in repe gesny

      • 1 klein rooikool in repe
        gesny

      • 4 baba- pak choi

      • 3 sprietuie gekap

      • 100 g gesoute kasjoeneute
        gerooster en grofgekap

        • 200–300 g oorskiet-
          varkboud- of -blad gepluis

        • 100 g granaatpitte
          SLAAISOUS

        • 30 ml olyfolie

        • 30 ml rooiwynasyn

        • 15 ml suiker

        • 15 ml balsemiekasyn

        • 100 ml granaatsap

        • 30 ml sesamsaad








Geroosterdevark-
granaat-en-koolslaai
Onder R80 • Genoeg vir 2 • Bereidingstyd: 30 minute

1 Maak die slaaisous Meng al die bestanddele vir die
slaaisous goed saam.
2 Rangskik die appel komkommer rooikool pak choi en
sprietuie op ’n bord en strooi die kasjoeneute oor. Giet die
slaaisous oor en meng goed deur. Skep die gepluiste vark
bo-op en strooi die granaatpitte bo-oor.

1 Verhit die oond tot 200 °C. Plaas die vis patat knoffel neute
koljander en eier in ’n mengbak en meng goed. Geur met sout en
swartpeper. Vorm viskoekies en bedek met meel. Doop elke
viskoekie in die geklitste eier en dan in die broodkrummels. Bedek
met kleefplastiek en sit in die yskas vir 15 minute.
2 Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei of olyfolie-sproei en
rangskik die viskoekies op die bakplaat. Bak vir 20 minute in die
oond tot bruin. Sit voor met sriracha-gegeurde mayonnaise.

Viskoekies in die oond is nou wel nie so bros aan die buitekant soos
in die pan gebraai nie maar dis makliker en sekerlik gesonder
(wat dié tyd van die jaar belangrik is!)
Free download pdf