Tuis. 12

(Tuis.) #1

Desember 2017 tuis 13


Koekeloer!
Karen Roos van die Babylonstoren-wynplaas buite die
Paarl het dié pragtige boekrakke vir die gastekothuise
op die plaas laat maak. Die geelhoutstruktuur ontwerp
deur Prowell Kitchens verskaf ’n uitsig op die tuin en
laat natuurlike lig by die ruimte in.

Vir ons is daar


nie iets soos te veel


kleur nie! – Rita


Muur tot muur Adriaan en Rita Louw is kranige selfdoeners
en koop nie ’n nuwe boekrak as hulle self een kan aanmekaartimmer nie.
Die paartjie het die nodige mate geneem sodat die rak ’n hele muur in hul
sitkamer kan beslaan en netjies om die TV-kas pas. Toe het hulle Supawood
op maat laat saag by hul plaaslike BUCO op Hermanus waarna Rita elke
rak in die Plascon-kleur New Meadow geverf het. Die rakke is by die hoeke
aanmekaargesit met kwartrondes houtlym en skroewe vir ’n kratvoorkoms;
dwarsstutte net bo die TV ondersteun die boonste deel. Die nuwe boekrak pas
perfek by die ander vrolike meubelstukke in dié ruimte en huisves nou die
Louws se boekversameling – selfs ’n paar uit hul laerskooldae! >>

Foto

Greg Cox/Bureaux
Free download pdf