Tuis. 12

(Tuis.) #1

Wie woon hier?
Justine en Corné Krige hul kinders Sophia
(12) John (10) en Peter (8) en twee honde
Josef en Pretzel
WAAR Melkbosstrand Weskus


’n Rooi-en-wit gestreepte voordeur met ’n imposante wit
Kerskrans verwelkom gaste by Corné en Justine Krige se
woonhuis op Melkbosstrand. Met die sagte gedruis van die
Weskus se branders in die agtergrond en kenmerkende seereuk
in die lug kan gaste uitsien na ’n groot bederf want by die Kriges
word vriende en familie op die hande gedra.
Twee lui honde – Josef die schnauzer en Pretzel die Jack
Russell – kom wys ook gesig voor hulle weer gaan opkrul om
verder te slaap salig onbewus van die joligheid wat voorlê.
“Ná kerk is Kersdag eintlik ’n informele dag by ons” vertel
Justine. “Oukersaand is altyd ons groot formele aansit-ete maar
Kersdag is dit skoene uitskop geskenke oopmaak en net lekker
kuier om die swembad en braai.”
Die kuierstoep skaars ’n paar treë van die strand is waar als
gebeur. Die kinders kom en gaan en hardloop met sand tussen
die tone op die dek en tussen die fynbos rond en word nie
summier verwilder oor hul vuil voete nie!
“Hier is niks fancy aan ons huis nie” vertel Justine. “Dit bly ’n
gesinshuis en ’n plek waar kinders hulself kan wees. Ons huis is
’n welkom-huis waar die voordeur altyd oopstaan vir kuiergaste.
Tog is dit steeds privaat genoeg van die strand en is dit eintlik baie
stil met net ’n paar mense en hul honde wat verbystap.” >>

20 tuis Desember 2017

Free download pdf