Tuis. 12

(Tuis.) #1

Justine se aartappels


Bros bo en roomsag onder. Dit is hoe
Justine dié gunsteling in hul familie
beskryf. Gebruik ’n baie skerp mes
om die aartappels te sny.


Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 1½–2 uur



  • 8 groot aartappels geskil

  • 125 g botter

  • 6 repe swoerdlose spek fyngekap
    (opsioneel)

  • ’n hand vol tiemie fyngekap

  • 2 knoffelhuisies fyngekap

  • sout en varsgemaalde swartpeper
    na smaak


1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny die
aartappels in papierdun skyfies van sowat
1 mm dik maar moenie regdeur sny nie
sodat hul onderkant nog die aartappel sy
vorm laat behou. Pak die aartappels met
hul gesnyde kant na bo in ’n oondbak.
2 Verhit die botter en braai die spek
(indien gebruik) tiemie en knoffel vir
1–2 minute of tot die spek bros is. Giet dit
bo-oor die aartappels en geur met sout en
peper. Sit die aartappels in die voorverhitte
oond en bak tot goudbruin en bros.


Fees-koekstruif
Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 1 uur


  • 500 ml room

  • 70 g (80 ml) strooisuiker

  • 1 vanieljepeul saadjies uitgekrap

  • 15 ml gelatien

  • 50 ml koue water

  • 400 g vars frambose bloubessies
    en aarbeie

  • 250 g meringues

  • 1 x 280 g-madeirakoek in skywe gesny

  • 125 ml sjerrie

  • 500 ml vla

  • 1 liter roomys van jou keuse


1 Verhit die room suiker vanieljesaadjies
en -peul oor matige hitte tot kookpunt en
laat prut vir ’n paar minute. Strooi die
gelatien oor die koue water in ’n bakkie en
laat staan vir ’n paar minute om te week.
Verwyder die warm roommengsel van die
plaat en haal die vanieljepeul uit. Roer die
gesponsde gelatien by totdat dit gesmelt
het. Giet die mengsel dan onderin ’n mooi
glasbak (met ’n volume van sowat 2 liter).
Sit dit in die yskas tot gestol.
2 Strooi die helfte van die frambose
bloubessies en aarbeie oor die gestolde
roommengsel. Krummel die helfte van die
meringues en sprinkel bo-oor die bessies.
3 Pak ’n laag madeirakoekskywe bo-op en
sprinkel die helfte van die sjerrie oor gevolg
deur die res van die bessies. Giet die vla
oor pak nog ’n laag koekskywe op gevolg
deur die laaste sjerrie – sit in die yskas tot jy
dit wil voorsit met roomysballe bo-op.

Aspersies en
boontjies met
ansjovisbotter
Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute


  • 250 g dun groenboontjies

  • 250 g vars aspersies

  • 2 knoffelhuisies fyngekap

  • 45 ml sagte botter

  • gerasperde skil van 1 suurlemoen

  • 2 ansjovisfilette fyngekap

  • olyfolie (opsioneel)

  • parmesaanskaafsels vir garnering


1 Sny die boontjies se stingelente af.
Blansjeer die boontjies en aspersies vir
5 minute in kokende water tot net sag.
Dreineer die groente en spoel af onder
lopende koue water.
2 Meng die knoffel botter suurlemoenskil
en ansjovis in ’n pan en soteer die boontjies
en aspersies daarin. Voeg ’n bietjie olyfolie
by indien nodig. Skep op ’n dienbord en
garneer met die parmesaanskaafsels.

Ons is mal oor


seekos veral wanneer


dit vars uit die see


kom en reguit kole


toe kan gaan.



  • Justine


Desember 2017 tuis 35

Free download pdf