Tuis. 12

(Tuis.) #1

4 tuis Desember 2017


REDAKTEUR
Kaapstad-kantoor
Kaapstad-posadres
Kantoorbestuurder
Johannesburg-kantoor

REDAKSIE
Artikelredakteur
Kreatiewe redakteur
Kosredakteur
Ontwerpredakteur
Uitlegkunstenaar
Teksredakteurs
Digitale redakteur
Fotograaf
Foto-opknapper
Intern

MEDEWERKERS

Produksiebestuurder
Sindikasiebestuurder

DRUK- EN DIGITALE VERKOPE
Hoof: Advertensieverkope
(Kaapstad en KZN)
Sleutelklantbestuurder (Kaapstad)
Verkoopbestuurder (Johannesburg)
Toonvenster-advertensies

SIRKULASIE
Sirkulasiebestuurder
Produkbestuurder

Kopiereg Media24. All regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die geskrewe
toestemming van die redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese
middel weergegee word nie hetsy deur fotokopiëring skryf- of bandopname of deur enige ander stelsel
vir inligtingsbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in
artikels rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies
wat in die tydskrif gepubliseer word akkuraat is kan die redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid
aanvaar vir enige verlies skade of ongerief wat daaruit mag voortspruit nie. Die redaksie behou die reg om
veranderinge te maak aan enige materiaal wat aan die tydskrif gestuur word en kan nie aanspreeklik gehou
word vir enige skade aan of verlies van die materiaal nie. Alle pryse is onderworpe aan verandering en kan
verskil van winkel tot winkel; die prys in die winkel moet as die finale bevestigde bedrag beskou word.

Tuis word uitgegee deur Media24 Heerengracht 40 Kaapstad 8001. Tel. 021 406 2121
Uitvoerende hoof: Media24 Esmaré Weideman
Hoof: Media24 Drukmedia Ishmet Davidson
Hoofbestuurder: Media24 Leefstyl Raj Lalbahadur
Hoof van finansies: Media24 Leefstyl Jameelah Conway
Hoofbestuurder: Media24 Maandelikse Tydskrifte Nerisa Coetzee

Intekeninge hernuwings
en navrae
BEL 087 740 1023 • FAKS 086 457 5922
E-POS [email protected]
SMS “tuis” na 32361 (R1 per SMS)
WEB http://www.my-mags.com

Wicus Pretorius ([email protected])
19de Vloer Absa-gebou Adderleystraat 4 Kaapstad
Posbus 1802 Kaapstad 8000
Anita Grindlay-Whieldon 021 408 1278
Media Park-gebou Kingswayweg 69 Auckland Park

Kim Arendse ([email protected])
Marian van Wyk
Johané Neilson ([email protected])
Andrew Maritz
Enid de Beer
Desiree Hartney en Johletta Brits
Shané Barnard ([email protected])
Francois Oberholster
René Nortjé
Suné Esterhuizen

Shelly Bergh Kim Bougaardt Elza Cooper Deon de
Goede Gerda Engel brecht Marié Esterhuyse Gillian
Eva Carissa Govender Suretha Jansen van Vuuren
Sonja Jordt ER Lombard Kay Montgomery Beatrice
Moore-Nöthnagel Ed O’Riley Justin Patrick Melissa
Rautenbach Maryke Roberts Riana Scheepers
Ludwig Taschner André van Rensburg JJ van
Rensburg Amanda van Wyngaardt Sharon Welman
Henrique Wilding

Kim Petersen
Lucille van der Berg
021 408 3038 [email protected]
(Fotostate fakse en die pos van inligting kos R25)

Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396

Charlene Meyer 082 928 5970
Susan Pienaar 083 281 7300
Evonne Mehl 021 461 2396

Adele Minnaar 011 713 9440
Janine Snyman 011 713 9918

Laat dit iewers aangeteken word
(’n datum waaroor mense eendag kan
skinder): Die Dag Waarop Wicus Begin

Eet Het.
Ek was my lewe lank nog skraal maar iewers in September vanjaar
het Die Groot Honger my beetgepak en dit voel vir my ek het nog nooit
weer ophou kou nie. Gisteroggend sommer twee oorskiet-aartappels vir
ontbyt (die einste aartappels wat Justine Krige vir haar Kersmaal maak


  • kyk op bl. 35) want toe ek die storie lees raak ek so lus daarvoor
    dat ek dadelik die aand die resep beproef. Justine is reg dit is
    inderdaad “bros bo en roomsag onder”. Selfs koud die volgende oggend!
    My vriendin Elna het my al by geleentheid aangepraat oor ek nie gereeld
    eet nie en my ma is aldag aan die knor oor ek nie glo in ontbyt nie. Wel al
    twee van hulle kan nou maar ontspan want soos ek hier sit het ek al twee
    snyetoasten ’n koppie koffie gehad pas roereier van die naaste deli bestel
    (met nog koffie) en sien ek met verlange uit na die botterhoender wat my
    vriendin Evadne netnou gaan aflewer. Ek reken die hoender gaan kraai voor
    die Moederstad se gebruiklike kanonskoot om 12:00.
    ’n Vriend wat vroeër vanjaar opgehou drink het vertel vir almal hy het niks
    teen drank nie hy het net die hele kwota vir sy lewe in sy eerste 45 jaar
    ingepas. Sou ek dié teorie omkeer haal ek straks nou in op al die ontbyte (en
    skielik soetgoed ...) wat ek die eerste 45 jaar van my lewe misgeloop het.
    Ek was heeltemal oukei met die Groot Eetlus tot ek die naweek Ceres toe
    is en einste Elna hierbo se broer Johann foto’s neem van my en Asgat toe
    ons almal Saterdag in die berg gaan stap. Toe die foto’s Maandag in my
    inboks land is dit net boep geen berg.
    Die aand begin ek google vir oefenprogramme en dink aan my vriendin
    Lindi wat sê sy raak nou te oud om haar maag in te trek. Ditto. Meer inneem
    met die oë en minder met die mond reken ek.
    Dalk was dit ’n onderliggende teenreaksie maar ek maak toe sommer die
    kos in dié uitgawe ook minder. Gewoonlik sit ons in Desember ’n paar ekstra
    resepte in (“want almal eet mos te veel dié tyd van die jaar”) maar vanjaar
    het ons die gewone getal resepte soos elke maand hoewel steeds in die
    goeie ou Kerstradisie voor in die boek as deel van die leserhuise. Kry gerus
    nog resepte aanlyn by netwerk24.com/tuis en onthou ons nuusbriewe!
    So gepraat van inneem met die oë: Wat ’n fees is die dekor in dié uitgawe
    nie. Die Kriges se huis is vir my so mooi ek wens ons was vriende. Maar dan
    sou ek dalk ’n oorlas geraak het want daar wil ek woon kuier eet ... Laat ek
    liewer net kyk.
    Die Ficks se Dassiesfontein-stoep wil ek onmiddellik by my eie huis
    aanbou kompleet met daardie sitbank-vensters wat so wyd kan oopskuif. In
    die Van Jaarsvelds se huis op Graaff-Reinet is die perfekte interpretasie van
    wit soos ’n meesterklas in styl. En wat ‘n wonderlike regrukprojek is die
    Caalsens se huis op Riebeek nie!
    Geniet die uitgawe! Mag dit – én jou feestyd – vol lekker
    verrassings wees.


Ons soektog na dieAnnie Sloaner van die Jaar
nader nou sy einde. Jy kan nou stem vir die
top-10 waarna Annie self die wenners gaan
kies. Meld aan by ƉĂŝŶƟƚ͘ƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ en laat
waai! Stemme sluit om 12:00 op 23 November.

[email protected]

Hallo


Stem vir jou gunsteling! IS JY DIE VOLGENDE


van die jaar?

ANNIE
SLOANER
Free download pdf