Tuis. 12

(Tuis.) #1

6 tuis Desember 2017


Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.

ons lesers sê


Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur
e-pos na [email protected]. Gesels saam by netwerk24.com/tuis of
facebook.com/tuistydskrif of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag.

In die blom
Hester van der Merwe van
Vredendal skryf My dogter blaai
deur die Tuis van Julie 2017 en
kondig aan: “Hierdie hekelwerk is
vir my mooi!” So begin die soektog
na patroon en gare (watter kleure?)
hekelpen (die regte nommer) en
waar om dit te kry. My moeder is in
Oktober 2016 oorlede en hier staan
sakke vol van haar wol. Ons werk
daardeur en kom op die maroen
hekelgare af. Perfek! Die blompatroon is met die eerste probeerslag die regte een. Nou ja
ná ’n bietjie geduld en lekker hekel is dit klaar. En dis sommer uithalerig!

Ek en my man het ’n ruk in Amerika gebly
waar ons vlooimarkte ontdek het. Ons kon vir
ƵƌĞůŽŽƉĞŶƐŶƵīĞůĚĞƵƌĚŝĞŽƵŵĞƵďĞůƐ͘KƉ
’n dag loop ons ’n ou bed raak. My dogtertjie
het eers daarop geslaap tot dit wankelrig
begin word het. Maar ek kon dit nie oor my
hart kry om daarvan ontslae te raak nie.
Toe gee ek dit nuwe lewe in die vorm van ’n
bankie. Vandag spog dié stukkie “Amerika” in
ons voorhuis. – Monja Beyers Pretoria

Kerstyd is hier maar die Marees bly tuis
waar ons ons geheime gas Kersvader inwag.
Geskenke word met die hand gemaak. Met
my TuisͲƚLJĚƐŬƌŝŌĞĚŽůůŝĞĞŬ͛ŶďŽŬƐŽƉŝŶ͛Ŷ
poppekas vir die kinders se genot. Ons nooi
vriende en sien uit na ’n lekker kalkoen – dis
immers ’n fees! – Rosie Maree Stellenbosch

Die feestyd is om die draai en dis tyd om
voorbereidings te tref vir familie en vriende
wat kom kuier! Maak seker jou huis is
silwerskoon met Plush Supreme se
professionele reeks huishoudelike reinigers


  • die oplossing vir al jou skoonmaak-
    ďĞŚŽĞŌĞƐ͛͘ŶEĞƚũŝĞƐĞ͕ǀĂƌƐŚƵŝƐďůLJŶŽƵ
    maar eenmaal die beste verwelkoming wat
    enigeen kan vra.
    ͻsŝƌŶŽŐŝŶůŝŐƟŶŐ͕ďĞƐŽĞŬplush.co.za.


Die skrywer van dié
maand se wenbrief kry
’n Plush-geskenkpak van R1ര500!

Heilige eenvoud WEN!
Rachel Simpson van Kokstad
skryf “Eenvoud is mooi” het Corné
Engelbrecht my verlede Desember
in Tuis herinner. Omdat ek met ’n
melkboer getroud is word Kersfees
altyd op die plaas gevier. My skoon-
mense weier om van Kersfees ’n
kommersiële gedoente te maak
daarom vier ons dit in eenvoud
sonder geskenke of duur versierings


  • met net “wat in en om jou huis
    beskikbaar is” soos Corné sê. Ek het dié dennebolle tussen die brandhout ontdek en
    saam met my ma met glinstergom en klapper versier. Nou verskaf dit feestelikheid op
    ons Kerstafel én aan die kaal denneboom in ’n melkemmer. (My man het die boom in
    die middel van ’n storm – ’n seldsame ledige oomblik – vir my afgekap). Dankie Tuis
    dat julle ons herinner het skoonheid en vreugde kan ook uit eenvoud ontspring.


Trys Muller van
Bloemfontein skryf
Marianne Hattingh se
idee om haar “vierkantige
huis” te verfraai (Tuis
Oktober 2017) was ’n
wenner. Die bome wat
sy op die tuinmuur
aangebring het het my
so geïnspireer dat ek
dieselfde puik plan op die
muur buite ons kamer
gebruik het. Ek het myne
sommer geverf. Baie
dankie Marianne (en ek
hoop nie jy gee om nie).

Dankie vir die inspirasie


WENBRIEF

Voor
KORTLIKS
Free download pdf