Dié âmannaâ is
piepklein roosterkoekies
so genoem deur Carol-
Ann se kleinseun
Adriaan.
Karoo-spyskaart
Voorgereg
Hoenderlewerpatee
Manna-roosterkoekies
âââââââ
Hoofgereg
Karoo-lamskenkelpotjie
Stampmielies
Beet-slaaistapels
âââââââ
Nagereg
Ouma Pauline se brandewyntertjies
Tuisgemaakte vanieljeroomys
Resep op bl. 62
Hoenderlewerpatee
Genoeg vir 6 as voorgereg
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
- 30 ml botter
- 1 mediumgroot ui fyngekap
- 100 g sampioene fyngekap
- een groot knoffelhuisie gekap
- 500 g hoenderlewers mooi skoongemaak
- 5 ml basiliepesto
- 5 ml korrelmosterd
- ân knypie vars tiemieblaartjies
- ân knypie gemengde gedroogde kruie
- 100 ml room
- 100 ml botter gesmelt
- 100 ml verhelderde botter vir afronding
(opsioneel)
1 Verhit die botter in ân dikboompan en
braai die ui tot glansend. Voeg die
sampioene en knoffel by en braai tot geurig.
Voeg nou ook die lewer by en braai tot bruin
buite maar nog ligpienk binne. Geur met die
pesto mosterd tiemie gemengde kruie en sout
en peper na smaak en braai vir nog ân minuut
sodat alles mooi bymekaarkom.
2 Skep in ân mengbak voeg die room en
gesmelte botter by en verwerk tot ân gladde
effens loperige mengsel. Giet in die houer of
koppies waarin jy die patee gaan voorsit en
laat heeltemal afkoel. Bedek met ân lagie
verhelderde botter en sit in die yskas tot gestol.
Ons het net voor opdiening sterretjies uit die
botter gesny vir ân feestelike gevoel. Laat gerus
die verhelderde botter weg en versier die patee
met ân takkie vars tiemie of sagte kruie-
blaartjies en ân bietjie varsgemaalde
swartpeper.
- 100 ml verhelderde botter vir afronding
- 100 ml botter gesmelt
- 100 ml room