Tuis. 12

(Tuis.) #1

Talle uitdagings


Die Caalsens het in Februarie 2014 ingetrek en dadelik laat waai
met die opknapprojek. “Ons doen altyd die meeste van die werk
self maar kry bouers vir die breek- bou- en pleisterwerk”
verduidelik Amelia. Met elke projek tot dusver was hul grootste
uitdaging om die regte materiale en dekorartikels teen bekostigbare
pryse in die hande te kry. Maar dié keer was die lys van
struikelblokke langer...
Die egpaar het gou besef hul grootste uitdaging is om in die huis
te bly terwyl hulle dit opknap. Een van Amelia se sterkste
herinneringe is die stof – dít terwyl sy swanger was met Mathias!
“Ons het al die plafonne uitgebreek om die mooi houtbalke te
ontbloot en die stof was iets verskrikliks. Die mure was net tot
plafonhoogte gepleister en moes dus in elke vertrek tot by die balke
afgewerk word. Ons het maande lank die studeerkamer as kombuis
en leefvertrek gebruik.”
Darryl het van die loodgieterswerk en die meeste van die
elektriese werk self gedoen en ’n 200 liter-sonkraggeiser laat
installeer. Hulle het die aangelapte opwaskamer afgebreek van die
binnemure uitgebreek en staalraamvensters aan die agterkant met
skuifraamvensters (alles veilingkopies wat herstel moes word)
vervang – die perfekte resep vir stof stof en nogmaals stof.
Maar kort voor lank was die stof so te sê vergete want vir die
Caalsens is niks lekkerder as om net by die huis te wees nie. “Dis
altyd so bevredigend om te weet dat jy iets kon verbeter of mooier
maak. ’n Mens vergeet gou van al die slegte werk en leer baie lesse
met elke projek” sê Amelia.


Die hoofslaapkamer is merkbaar ligter danksy die
witgeverfde houtplafon. Amelia het die bed se kopstuk
die aansteekbord (bo links) gordyne en kussings self
gemaak en die kandelaber was ’n tweedehandse kopie.

70 tuis Desember 2017


Dié badkamer was
klein en donker met
lae mure en ’n aparte
toilet langsaan. Die
muur tussen die twee
vertrekke is afgebreek en
al die mure is opgebou tot
dieselfde hoogte as dié in
die res van huis. Amelia
het die bad se buitekant
swart geverf met dakverf.
Free download pdf