Tuis. 12

(Tuis.) #1
Emile se houtbedjie kom van
Colonial Antiques in Port Elizabeth
en is met Woodoc Polywax Sealer
verseël. Amelia het self die patroon
op die muur gestensil. Die Caalsens
het ook die ou skoolkas langs die
bed gerestoureer. Dit spog met
nuwe reliëfrande op die deure en
nuwe handvatsels en is met Amelia
se eie krytverfmengsel geverf.

Die regte afwerking
Al die lampe en kandelabers is spesiaal uitgesoek en meestal tweedehands gekoop om die landelike
argitektuur te komplementeer; Darryl het almal self gehang. Hy en Amelia het die vloere afgewit en
verseël terwyl hul tuinier Godfrey Mpate met die verfwerk en ander take gehelp het.
En toe kom die lekkerste deel: die dekor. Amelia is baie lief vir naaldwerk en het al die gordyne
blindings en strooikussings gemaak. Haar liefde vir opknap en mooimaak kom uit haar kinderdae.
“Kleintyd het ons baie rondgetrek en moes ons altyd eers die huise verf en opknap. My liefde vir ’n
klassieke Europese styl en aardse kleure het ontwikkel terwyl ek en Darryl in Engeland gewoon het.
“Ek verkies ’n sagte neutrale palet van vuilpienke gryse en swart vir ’n gevoel van warmte en
huislikheid. Ek gebruik dit ook in kussings dekens en matte en meng verskillende teksture. Maar
ek kies my kleure só dat dit in die meeste mense se smaak sal val indien ons die huis sou verkoop.”
Dié beginsel werk blykbaar want die huis het intussen nuwe eienaars gekry. Die gesin het na die
Paarl verhuis waar ’n nuwe Caalsen-opknapprojek nou onderweg is.

72 tuis Desember 2017


opknap

Free download pdf