88 tuis Desember 2017
doen dit self
3 Sit die tien 2 100 mm-planke
langs mekaar neer met die ente
gelyk. Wenk Hou die planke styf
teen mekaar met ân houtklamp. Lym
en skroef die drie 950 mm-planke
dwars oor dié tien planke vas â een
op die bo- en die onderrand en een
in die middel (gebruik die
spaanderbordskroewe). Plaas die
twee 1 400 mm-planke skuins
tussen die dwars planke merk die
hoeke met jou winkelhaak en saag
dit op maat uit; lym en skroef vas.
Skuur die deur deeglik.3
Maak die deur
Vir die wiele
Skets 2
WielhangerHulsel2 Haal die wiele uit hul hulsels en boor ân 20 mm-gat aan een ent van elke 270 mm-
wielhanger sodat dit met die gate in die hulsel ooreenstem (sien skets 2). Boor ook twee
6 mm-gate aan die ander ent van elke wielhanger en sweis dan die wielhangers aan die hulsels
vas. Verf die strukture soos in stap 1 laat dit droog word en sit die wiele terug in die hulsels.Projeknota
Jy kan volledige spoorstelle
van verskillende groottes en
ontwerpe klaar koop by
verskaffers soos Hillaldam.95mm30mm 30mm15mm15mm
50mm45mm2100mm905mm