Tuis. 12

(Tuis.) #1
Saamgestel deur Desiree Hartney

Wil jy weet hoe om jou


kombuis met verf op te kikker


of ’n leefarea in te rig? Vra net



  • ons kry die antwoorde.


Vra die


kenners


Jani Goussard van
Paint & Decor gee raad vir
die vloerDis baie dapper van
jou om ’n leiklipvloer te wil
verf! Die moeilikheid met
leiklip is net dat dit afskilfer –
enige verflaag wat jy aanwend
sal ook afdop omdat leiklip van nature so
verweer. Daar is dus ongelukkig geen
produk wat jou ’n permanente oplossing
kan waarborg nie. Maar as jy tog die kans
wil waag kan jy die volgende probeer: Was
jou vloere baie goed met suikerseep sodat
dit stof- en olievry is; laat dit dan heeltemal
droog word.
Sodra dit droog silwerskoon en olievry is
kan jy Hydrolock van Dekro Paints
aanwend. Dis ’n indringende produk wat
aan die klip kleef en dit voorberei vir verf.
Laat dit oornag droog word – sowat 12 uur
behoort genoeg te wees.
Nou kan jy verf! Jou beste opsie is om ’n
waterbasis-epoksiverf in die kleur van jou
keuse te laat meng; gebruik ’n skaapwol-
roller (dit het ’n langerige pool). Verwe met
’n hoëglans-afwerking sal nie so maklik
krapmerke wys nie maar verf met ’n laer
glans sal beter lyk op dié soort vloer met ’n
oneweredige oppervlak. Indien jy glad nie
kans sien vir die epoksiverf nie kan jy ook
akriel-muurverf kies (Paint & Decor se
Luxury Lowsheen kan werk) maar jy sal dit
gereeld moet oorverf indien dit skade of
krapmerke kry.
Sterkte met jou projek!

lkfd

raad Stuur jou vrae na [email protected].


Kombuisopknap
op ’n begroting
Annemieke Hiemstra van
Johannesburg skryfEk wil graag
my kombuis ’n nuwe voorkoms
gee maar omdat my begroting
beperk is wil ek net mooimaak met
verf. Is daar iets waarmee ek die
leiklipteëls op my vloer kan verf?
En kan ek Annie Sloan-verf op my
swart melamienkaste gebruik?

Voor


90 tuis Desember 2017


Die beste raad met ’n bestaande leiklipvloer
is uitkap en oorteël. As jy hou van leiklip
onthou dat dit ook beskikbaar is in swart. ’n
Goedkoper alternatief is viniel of ’n sement-
afvlaklaag – sommige produkte kan jy selfs
bo-oor die leiklip installeer.
Free download pdf