Africa’s Bowhunter – August 2019

(sharon) #1

BOWHUNTER GEAR
Bowhunter Gear is an independent monthly
publication for the archer, bow hunter, game
farm owner and nature lover. Copyright
on all articles and material published in
Bowhunter Gear resides with the publisher.
No part of Bowhunter Gear may be copied
or reproduced without permission of the
publisher. Opinions expressed in articles
or advertisements do not necessarily reflect
those of the editor, editorial committee
or publishers. Submission of articles for
publication is welcome, but although care
is taken, the publisher can accept no
responsibility for loss or damage to any
material submitted.


PO Box 31688
Waverley, 0135
South Africa
Tel: 012 335 5080


E-mail: [email protected]
Office address: 753 7th Avenue,
Wonderboom South, Pretoria.


PUBLISHER/EDITOR
Rean Steenkamp
E-mail: [email protected]
083 325 6700/082 695 4227
012 335 5080


HUNTING/ENVIRONMENTAL EDITOR
Cleve Cheney
Cell: 082 922 5547
E-mail: [email protected]


COPY EDITOR
Emmerentia Steyn


DESIGN AND LAYOUT
Rean Steenkamp
083 325 6700/082 695 4227


E-mail: [email protected]


REPRODUCTION & PRINTING
House of Print
011 474 8750


ADVERTISEMENTS
Rean Steenkamp
[email protected]
083 325 6700/082 695 4227


FROM THE EDITOR


D


it is altyd voordelig om met die beste toerusting wat jy
kan bekostig, te jag. Hoe vinniger die boog waarmee
jy jag, hoe kleiner die kans dat die bok die snaar sal
“spring”. ’n Vinniger boog, of dit is omdat jy ’n vinnige soort boog gebruik of omdat jy met hoë
ponde skiet, verseker ook beter deurdringingsvermoë indien jy ’n groot been sou tref.
Nie almal kan egter altyd die beste bekostig nie, veral nie in die huidige ekonomiese klimaat nie. Soms
is die boog wat jy reeds besit, meer as goed genoeg en is dit nie nodig om ’n nuwe boog aan te skaf nie. Om
te illustreer wat ek probeer sê, sal ek motors as voorbeeld gebruik. Kom ons sê jy is ’n Toyota-entoesias en jy
ry met ’n Toyota-bakkie. Natuurlik is dit wonderlik indien jy die nuutste model besit, maar die vorige model
het die werk gedoen en kan dit steeds doen. As jy dit nie kan bekostig om die bakkie elke twee jaar vir ’n
nuwe model in te ruil nie, sal die ouer model jou steeds na jou gunstelingjagplaas vervoer – en dit sal nog die
sleepwa wat volgepak is met die diere wat gejag is, terug huis toe sleep.
Dieselfde kan van boë gesê word. Dit is wonderlik as jy dit kan bekostig om die nuutste model van die
spesifieke boogfabrikaat wat jy verkies, te koop. Maar as jy nie kan nie, wees verseker, indien die boog
goed gewerk het tydens die vorige jagseisoen, sal dit vanjaar weer net so goed werk. Indien jy ’n boog wat
jy tien jaar gelede gekoop het, mooi opgepas het, sal dit met die volgende jag netso goed werk as wat dit in
die verlede gewerk het. Tyd het nie die boog verander nie. Dit is net die jagter se siening oor die boog wat
verander het.
Boë het die afgelope paar jaar nie veel verand-
er nie. Ek onthou dat ek meer as 15 jaar gelede
’n dier uit ’n putskuiling geskiet het met ’n PSE
Firestorm en dat die pyl deur die bok gevlieg het
en so ver getrek het dat ek dit nie kon kry nie. Toe
ek met ’n kragboog begin jag het, het ek met dri-
elem- meganiese jagpunte gejag. Dit was Rocket
Steelheads. Elke keer wat ek ’n goeie skoot geski-
et het, het dit gewerk. Niks het verander nie. As ek
sleg skiet, hardloop die bok ver. Indien my skoot
sekuur is, val die bok blitsig. Is die jagpunte wat
ek gebruik beter as ander? Nee, nie noodwendig
nie. Is daar jagpunte wat tegnies beter is? Baie
waarskynlik. Maar die jagpunte werk, het nog
altyd gewerk en indien daar nie indringend aan
die ontwerp verander word nie, sal dit aanhou
werk.
Ek is nie ’n jagter wat oor lang afstande skiet
nie. Op ’n keer het ek egter ’n blesbok oor 55 tree
met die Firestorm en Rocket Steelheads geskiet.
Ek het die bok reg getref en hy het geval. Op ’n
ander keer, ook 17 jaar gelede, het ek ’n vark oor
37 tree geskiet. Die pyl het die regte kol getref en

Gebruik die beste


toerusting, maar ...


Vervolg op bladsy 47
Free download pdf