2019-04-01_Wildlife_Ranching_Magazine

(avery) #1

WILDLIFE WISDOM | WILDBEDRYF WYSHEID


Jacques Malan Industry fundis share their thoughts | Bedryfskenners deel hul gedagtes


WILDLIFE WISDOM


WILDBEDRYF WYSHEID


Weinvitereaderstosharetheirthoughtswiththeeditorialteamofthemagazine.
Lesers word genooi om ook hul gedagtes met die tydskrif se redaksie-span te deel.
E-mail: [email protected]

Ekonomiese
Boerdery-Perspektief

W


ildboerdery is nie alleen
’n wonderlike leefstyl
waaruit boere en
sakemanne geweldige
vreugde put nie – want mooi wild bly
darem maar mooi – maar dit moet
ook uit ’n ekonomiese boerdery-
perspektief gesien word. Wanneer
’n mens wil kyk na die ekonomie van
die wildbedryf, is dit belangrik om
die huidige aankoopprys van wild te
vergelyk met watter prys haalbaar is
in die huidige verkoopsklimaat.
Dit sit ons nou op dieselfde voet
as bv. skaap- en beespryse. Jy kan
nie kyk na die historiese pryse en
daarvolgens die huidige ekonomie
wil bereken nie. ’n Mens moet kyk
wat betaal jy vandag vir teeldiere
en wat gaan jy kry as jy die aanteel
verkoop – maak nie saak of jy van
vee of wild praat nie, die beginsel
bly dieselfde.
Die historiese aankooppryse is
nie meer van belang nie. Die huidige
pryse van aankoop asook verkoop
is wat die huidige ekonomie van
wildboerdery bepaal. Dit maak
dit dus nou baie makliker as in die
verlede om hierdie waardes te kan
bepaal aangesien die mark nou
taamlik goed gestabiliseer het.
Voornemende kopers moet egter
daarop let dat daar, net soos by
vee, ’n prysklasse-stelsel is. Top-
veeteeldiere behaal aansienlik hoër
pryse as gewone kommersiële diere.
Net so ook met die pryse van wild.
Die verdere voordeel in die
berekening van die ekonomie van
wild is die geweldige waarde van

ekotoerisme. Die ekotoerisme-mark
is dan ook gekoppel aan die wêreld-
en Suid-Afrikaanse ekonomie.
Die wêreld-ekonomie het baie
mooi herstel! In die huidige Suid-
Afrikaanse ekonomiese klimaat is
die mark onder druk, maar ons almal
besef ’n positiewe draaipunt in ons
binnelandse sowel as buitelandse
mark sal spoedig ná die verkiesing
ontstaan. Só sal die turbulensie
in die oorsese ekotoerisme en
trofeejagmark ook ná die verkiesing
verbeter sodra die positiewe
veranderinge dan plaasvind.
Dit is belangrik dat die wildboer
sy ekonomiese planne in plek moet
kry! Daar kan nie meer geboer word
soos in die verlede nie – kostes kan
’n wildboer maak of breek. Daarom
moet daar baie vinnig gekyk word
na alternatiewe metodes, soos
passiewe vangkrale om helikopter-
en vangkostes sover as moontlik
te verminder. ’n Benadering van
voorkoming van siektes en onnodige
veeartskostes moet baie streng
geïmplementeer word.
Wisselweiding kan ’n groot
besparing in kampstelsels bring.
Ek self wou dit nooit glo of toepas
nie, aangesien wildpryse dit
regverdig het om soveel as moontlik
diere op jou plaas te kon
aanhou en voerkoste
was in die verlede ’n
klein persentasie
van die waarde

van jou diere. Dit het egter drasties
verander. Danksy Driehoekvoere en
Frits van Oudtshoorn se aanbeveling
en raad het ek oorgegaan na
wisselweiding met my grootmaat-
vreters, veral buffels en wildebeeste.
Die ongelooflike besparing en
verbetering in die kondisie van my
diere was dadelik merkbaar. Diere
kan gemaklik geskuif word deur
gebruik te maak van die voerbakke
as “lokaas”.
Wanneer jy ’n veearts uitroep
na jou plaas toe, maak seker jy
vergemaklik sy taak deur bv. die
dier betyds onder oog te kry met
iemand wat die dier oppas sodat
die veearts nie onnodige tyd moet
bestee of selfs vir ’n tweede en
derde keer moet uitry na jou plaas
om die dier te kan behandel nie.
Ontbossing bring veral in die
Bosveld, waar bosverdigting
’n probleem is, ’n aansienlike
verbetering in jou weiding en
verlaag ongetwyfeld voerkostes.
Koop gerus die regte teeldiere
aan om jou ekonomiese droom
te bewaarheid...
Lekker boer!

Jacques Malan
Lumarie
Free download pdf