2019-04-01_Wildlife_Ranching_Magazine

(avery) #1

from the wrsa ceo’s desk


TREES (Tourism Research in Economic
Environs & Society) en die NoordWes-
Universiteit se Toerismebestuurskool het
onlangs hierdie baie interessante studie
gepubliseer. Die studie is gegrond op
kwalitatiewe navorsing, dus onderhoude
met wildboere wat oor ’n tydperk van
drie jaar gedoen is. Die studie is befonds
deur WRSA en die NRF en WRSA-lede
het daaraan deelgeneem. Daar is onder
meer gekyk na demografie, grondgebruik,
ekonomie, uitdagings in die wildbedryf
en wildboere se moontlike toekomstige
investerings.
Die doel van die studie was om
grondgebruike op wildplase te bepaal
en het, bo en behalwe die bekende
gebruike van jag, teel, ekotoerisme
en wildsbyprodukte, ook gemengde
boerdery as ’n belangrike grondgebruik
aangewys.
Die dokument van bykans 150 bladsye


toon die gewildste grondgebruiksvorme
in Suid-Afrika aan, asook die produksie-
uitsette vir die aktiwiteite. Die inligting
word ook individueel verpak vir
die onderskeie provinsies en bied
riglyne oor onder meer die interne en
eksterne faktore wat daartoe bydra dat
grondgebruik per provinsie verskil. Die
faktore sluit in markte, klimaat, ligging,
natuurlike habitat, plaasgrootte, drakrag
en biome, en selfs die rol van wetgewing
in die provinsie.
Ekotoerisme en wildsprodukte, wat
natuurlik die produsering van wildsvleis
insluit, word duidelik aangedui as groot
geleenthede, of potensiaal, binne die
wildbedryf.
Die studie bied goeie riglyne en kan
’n uitstekende hulpmiddel wees vir
nuwe toetreders tot die wildbedryf en vir
diegene wat wil diversifiseer. Lees meer
oor die studie deur TREES op bl. 100.

GRONDGEBRUIK-BESTUURSMODEL VIR DIE PRIVAAT


WILDBEDRYF VAN SUID-AFRIKA

Free download pdf