2019-04-01_Wildlife_Ranching_Magazine

(avery) #1
Verskeie lede van die wildbedryf vra gereeld:
“Hoekom word mitochondriale en nukleêre toetse op
die DNS van swartwitpense uitgevoer?”

Om hierdie belangrike vraag as Bona Bona te
beantwoord stel ek voor ons begin by die begin.
In 2009 het ons in die Gravelotte area grond
aangekoop. Daar het Bona Bona by intensiewe
swartwitpensteling betrokke geraak.

Oor die jare het ons waargeneem dat wanneer
Zambiese swartwitpensbulle op Matetsi-koeie gebruik
word om sogenaamde gekruiste (of intermediêre)
diere te teel, noemenswaardige sukses behaal het
met horinglengte en liggaamsgrote.

Toe ons in 2011 die superbul 49" Magic aankoop, was
ons doelwit om swart swartwitpense te teel. Dit het
gekom nadat ons in die negentigs Matetsi diere by
Dr Johan Kriek en Ian Blackwood aangekoop het en
reeds verskeie swart swartwitpens vroulike diere
gehad het.

Deur die jare het ons steeds sorgvuldig geselekteer
en hoë kwaliteit Matetsi vroulike diere aangekoop
om by Magic te loop. ’n Tweede Matetsi-kudde is in
2014 geskep met Flare as die teelbul.

Oorspronklik het ons mitochondriale DNS-toetsuitslae
gebruik om Matetsi-diere te koop. Toe nukleêre
toetse beskibaar word het ons dít gebruik om
akkuraat Matetsi-diere te koop wat as bo 80% Matetsi
deur hierdie toetse aangedui is.

Wanneer ons oor Zambiese swartwitpense gesels,
is dit belangrik om te noem dat hierdie tipe
swartwitpense se vroulike diere ’n aantreklike
rooibruin kleur het.

Bona Bona se fokus het in 2012 op Zambiese
swartwitpense geval met die aankoop van ’n
aandeel in die pragtige 51" Charlie. By Thaba Tholo
het ons ’n Monster seun, Moseme uit die Nike-
bloedlyn bekom.

Ons het ons Zambiese diere deur middel van
mitochondriale toetsuitslae aangekoop. Later het ons
ook op diere gekonsentreer wat as 80%+ Zambies
deur nukleêre toetse aangedui is.

Huidiglik teel ons by Bona Bona met drie Matetsi
troppe en twee Zambiese swartwitpenstroppe wat
ons so suiwer as moontlik hou deur gebruik te maak
van DNS-toetse wat suiwerheid aandui.

Sover het ons reeds sowat 300 swartwitpense met
nukleêre toetse ontleed.

Ek moet noem dat ek aangenaam verras is met die
duidelike ooreenkomste tussen die resultate van ons
nukleêre DNS-toetse en die waarneembare fisiese
voorkoms en merkbare fenotipiese eienskappe van
ons swartwitpense.

Ons het ook reeds geleer uit die teling van rasegte
beeste dat suiwer rasse hier is om te bly. Bona Bona
gaan die toekoms in met suiwer troppe.

Terselfde tyd besef ons die krag wat in kruisteling lê.
Dít het ons waargeneem in Gravelotte, asook by
Tembani waar ons die sukses van kruiskrag sien. By
Bona Bona beplan ons om suiwer Zambiese bulle
by suiwer Matetsi-koeie te gebruik om sodoende ’n
kruisgeteelde trop van formaat te vestig.

Alhoewel gekruiste bulle van 50" se getalle minder is
as suiwer bulle se hoeveelheid 50" bulle, glo ons dat
ons program om suiwer diere met suiwer diere te kruis
ons by die 55" horinglengte gaan bring, aangesien
gekruiste diere reeds bewys is om langer horings
te teel.

Hier is ons swartwitpens-planne opgesom:


Plan A: Die uitbou van suiwer troppe
Plan B: Die gebruik van 50"+ Matetsi genetika op 50"+
Zambiese genetika en andersom
Doelwit:Dieteelvan55"swartwitpensbulle

SWARTWITPENSE EN HUL DNS


Die Bona Bona standpunt, deur Pieter Ernst jr.


3
DE
PLATINUM-VEILING

bonabonagamebreeders.co.za
Pieter Ernst (jr) 082 925 3662
[email protected]

Bona Bona Game Breeders is terug met
ons 2019 Local is Lekker!-veiling

25 Mei 2019, 10:30, Saterdag,
Bona Bona-Wildkompleks

BESKIKBAAR OP BONA BONA
SE 3DE PLATINUM-VEILING

92% Zambies
Charlie-seun:
464 / 8 " Namwanga
(Blou 302)

90% Matetsi
461 / 8 " Magic-
seun (Blou M16)

48

Free download pdf