2019-04-01_Wildlife_Ranching_Magazine

(avery) #1

uit die president se pen


Ekotoerisme:


Tebogo Mogashoa

Die toekoms van langtermyn-


volhoubare ekonomiese groei


in Suid-Afrika


n ’n tyd van beurtkrag,
swak ekonomiese groei en
volgehoue droogte in sekere
dele van ons land, sou ’n mens
vergewe kon word as Suid-Afrika se
toekoms vir jou droewig lyk. Hierdie
siening sal versterk word teen die
agtergrond van die wêreldwye


ekonomiese situasie. Die opkoms
van populistiese nasionalistiese
politieke magte het gelei tot die
toenemend bittere handelsoorlog
tussen die VSA en China, Brexit
en spanning in die breër
Europese Unie.
Beskermende ekonomiese
beleide word meer algemene
en ’n bedreiging vir liberale
ekonomiese beleide. Die onseker-
heid wat hierdie geleidelike
beleidsverskuiwing en ander
faktore veroorsaak het, het gelei tot
onsekerheid in ontluikende markte
en wêreldwye kommoditeitsmarkte,
wat Suid-Afrika negatief beïnvloed.
Vir ons wat egter bekend is met

die majestueuse donderstorms van
Suider-Afrika, dra die donker wolke,
donderslae en weerlig wat dreig
om te vernietig, ook die belofte van
hernieude hoop. Daardie hoop lê
in ekotoerisme.
Suid-Afrika is een van die
mees biodiverse lande op Aarde
en spog met ’n ryk tradisie van
natuurbewaring. Daarbenewens
het Suid-Afrika diep institusionele
kennis van die teel van wilde
diere, vir die verbruiks- sowel
as nie-verbruiksektore van die
toerismebedryf. Suid-Afrika is dus
goed voorbereid om voordeel
te trek uit die snelgroeiende
wêreldwye ekotoerismebedryf.

Suid-Afrika is goed
voorbereid om
voordeel te trek uit die
snelgroeiende wêreldwye
ekotoerismebedryf.
Free download pdf