2019-04-01_Wildlife_Ranching_Magazine

(avery) #1

uit die president se pen


Ekotoerisme het getoon dit is ’n doeltreffende meganisme
vir breë inklusiewe ekonomiese groei deur die ruimte te
skep vir klein besighede om te groei en te floreer.

Sommige statistiek van die
Verenigde Nasies se Wêreld-
toerisme-organisasie sorg vir
interessante leesstof. Byvoorbeeld,
groei in die wêreldwye reis- en
toerismebedryf het die wêreldwye
ekonomiese groei vir die groter
deel van die afgelope dekade
met ongeveer 2,5% oortref en sal
na verwagting teen 2030 teen ’n
konsekwente koers van 4% groei,
ook ’n hoër koers as die wêreldwye
ekonomiese groei.


Uiters belangrik is dat
ekotoerisme as ’n subsektor van
toerisme teen ’n koers van 10
tot 15% per jaar groei, wat ’n
toenemende deel van wêreldwye
reis en toerisme beslaan.
Ekotoeriste is geneig om gemiddeld
meer te bestee, wat tyd én geld
betref, as ’n konvensionele toeris.
Afrika lok egter net 5% van die
wêreld se toeriste.
Die Wêreldreis-en-toerismeraad
berig die wêreldwye reis- en
toerismesektor onderhou twee
keer soveel werkgeleenthede as
die finansiële sektor, en vyf keer
soveel werkgeleenthede as die
vervaardigingsektor vir chemikalieë
en is ’n groot bydraer tot uitvoere in
ontwikkelende lande.
Toerisme dra tussen 8 en 10% tot
Suid-Afrika se BBP by. Die Suid-
Afrikaanse regering het gesê sy
doelwit is om die toerismebedryf te
bou en ondersteun.

Ekotoerisme het ook getoon dit
is ’n doeltreffende meganisme vir
breë inklusiewe ekonomiese groei
deur die ruimte te skep vir klein
besighede om te groei en te
floreer – iets wat in Suid-Afrika
uiters nodig is.
Daar is duidelik ruimte vir groei in
die wêreldwye mark en Suid-Afrika
moet voordeel hieruit trek. Veral in
die lig van die AfCTA-ooreenkoms
YLU·Q$IULNDYU\KDQGHOVJHELHG
wat op 21 Maart 2018 in Kigali,
Rwanda, onderteken is. Die AfCTA
sal voorsiening maak vir verhoogde
toegang tot wildlewe en nog
onbenutte toerismemarkte in Afrika.
Suid-Afrika moet van hulpbron-
sentriese na volhoubare
nywerhede beweeg. In die kort
termyn, maar veral in die lang
termyn, is die slim geld op
ekotoerisme.

Witrenoster (Ceratotherium simum).
Foto © Villiers Steyn
Free download pdf