Tuis. 01

(Tuis.) #1

Januarie 2017 tuis 11


[UIT LAPLAND]

[WINKELS TOE!]

Hands Design Collective
op Knysna het ’n passie
vir pragtige ontwerp en
ondersteun plaaslike
talent. Hulle verkoop
onder meer
keramiekware dekor
vir kinderkamers
beeldhouwerk en die
mooiste strooikussings.
Kry hulle by Winkel 2
Templeman-plein
Hoofweg
Knysna of besoek
handsdesign.co.za.

Dis onmoontlik om die nuwe
Love Milo-ateljee by Hoopstraat 22 in
Tuine Kaapstad mis te kyk. Dié huisware-
boetiek het voorheen net aanlyn sake
gedoen en spesialiseer in besonderse
ontwerpe op keramiek lap hout en glas.
Sien meer by lovemilo.com.

Een van Design Team
se jongste lapreekse
Modern Botanicals
(R78750/m) is perfek
vir ’n energie-inspuiting!
Die helder kleure en
ontwerpe vang dadelik
die oog en sal enige
ruimte in ’n japtrap nuwe
lewe gee. Sien meer by
designteamfabrics.co.za.

Eijffinger se nuwe hand-
geverfde Grenada-plakpapier -
reeks is geïnspireer deur
geometriese motiewe palm-
blare fyn rankies en
flambojante blomme. Die
Grenada 367013 (op die foto)
kos R1 330 per rol (52 cm
breed x 10 m lank).
Besoek eijffinger.com.


[SO MOOI]

[NUWE KLEUR]

Is die kleur Giverny van Annie Sloan nie pragtig
nie? Dié skakering is die jongste toevoeging tot die
meer as 30 kleure in haar verfreeks.
“Dis geïnspireer deur Cerulean Blue en my
voorliefde vir die skilder Monet” verduidelik Annie.
“Trouens ek het dit genoem na die dorpie in die
noorde van Frankryk waar Monet gewoon het.
“Gebruik dit saam met gedempte kleure soos
die dofpienk Antoinette en botaniese motiewe vir ’n
titsel kleur of Olive en Old Violet vir ’n sagter
voorkoms.”
Free download pdf