Tuis. 01

(Tuis.) #1

  • 13 kg vars pynappelstukke
    (sowat 3 Queen-pynappels)

  • 2 groot wit uie gekap

  • 3 groot groen appels ontpit en gekap

  • 300 g (375 ml) ligte bruinsuiker

  • 250 ml bruinasyn

  • 5 ml sout

  • 15 ml matige kerriepoeier

  • 2 groen brandrissies gekap

  • 1 duim vars gemmer gekap

  • 15 ml swart mosterdsaadjies

  • 10 groen peperkorrels

  • 3 lourierblare


Meng al die bestanddele saam in ’n groot
kastrol oor matige hitte en roer tot die
suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en
verlaag weer die hitte totdat die mengsel
rustig prut. Roer gereeld en laat prut tot
dik en stroperig – dit sal tussen 30 minute
en 1 uur duur afhangend van die hitte.
Bottel die blatjang warm in gesteriliseerde
flesse en seël terwyl dit nog warm is. Gee
die blatjang so ’n week in die spens voor
jy die eerste bottel oopmaak.

Pynappelvarkribbetjie
met mielieslaai
Wat laat ’n mens se mond meer water as ’n
stapel sappige souserige ribbetjies? Probeer
die soort wat nie vooraf gekook is nie in die
hande kry vir die resep.

Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 4 uur


  • 2 varkribbe elk in vier stukke gesny

  • 2 cm vars gemmer geskil en gekap

  • 2 knoffelhuisies gekneus

  • 2 steranyspeule

  • 1 x 135 g-blik pynappelstukke

  • 60 ml sojasous

  • 100 ml appelasyn

  • 30 ml korrelmosterd

  • 1 rooi brandrissie gekap
    MIELIESLAAI

  • 4 mielies

  • sap en skil van 1 lemmetjie

  • 200 g kersietamaties in kwarte gesny

  • ’n bossie sprietuie gekap

  • 30 ml vars koljander grofgekap

  • 60 ml suurroom

  • groen Tabascosous (opsioneel)


1 Sit die ribbetjies in ’n oondbak. Klits die
res van die bestanddele saam en giet dit oor
die vleis. Bedek met foelie en rooster vir
3 uur in ’n voorverhitte oond teen 160 °C.
2 Maak die mielieslaai Maak die mielies
gaar deur dit vir ’n paar minute in kookwater
te dompel en dan in ’n bietjie olie in ’n
dikboompan te braai tot die korrels hier en
daar kleur kry. Sny die pitte van die stronke
af en meng met die res van die slaai-
bestanddele. Geur met sout en peper en as
jy wil ’n paar druppels groen Tabascosous.
3 Haal die ribbetjies uit die oond en
verwyder die foelie. Bedruip die vleis met
die sous en roer deur tot goed bedek.
Verhoog die oondtemperatuur na 220 °C en
rooster vir nog sowat 30 minute tot
stroperig. Hou maar dop dat dit nie brand
nie. Sit voor met die mielieslaai.

Vrugtige pynappelblatjang


Dié vrugtige blatjang pas perfek by ’n kaasbord of by kouevleis soos gerookte vark.
’n Rissiebyt maak dit ekstra spesiaal.


Genoeg vir sowat 13 liter • Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute tot 1 uur


116 tuis Januarie 2017

Free download pdf