happies is perfek vir ân skemerkelkie of as peuselkos lan s die swembad.
DIS PARTYTJIETYD
Varkworsrolletjies
- 1 rol (400 g) goeie blaardeeg
- 8 skyfies (sowat 125 g) dun ham
- 30 ml korrelmosterd
- 6 vars varkworsies vel verwyder
- ½ klein wit ui fyngekap
- 4 gemarineerde songedroogde
tamaties gekap
- 4 gemarineerde songedroogde
- ½ klein wit ui fyngekap
- 6 vars varkworsies vel verwyder
- 15 ml platblaarpietersielie fyngekap
- 1 eier geklits
- 10 ml sesamsaad
1 Rol die deeg oop op ân skoon werkoppervlak
en sny dit in twee ewe groot lengtes. Pak nou
4 velletjies ham oor die lengte op elke deeg-
strook en smeer 15 ml mosterd oor elke strook.
Voeg al die worsvleis saam en rol dit in twee
lang worse. Meng die ui tamaties en kruie en
rol die vleis daarin.
2 Plaas ân worslengte op elke voorbereide
deegstrook. Rol nou versigtig die deeg oor die
vleis om twee lang worsrolle te vorm. Sny elke
lengte in vier gelyke dele (sny tussen die
velletjies ham) en maak drie insnydings oor
elkeen. Pak die rolletjies op ân bakplaat wat
met bakpapier uitgevoer is en verf met die eier.
Sprinkel die sesamsaad oor en bak in ân voor-
verhitte oond teen 200 ºC vir sowat 35 minute
of tot goudbruin en gaar.
Spanspek-en-ham
Spanspek en Parmaham is ân klassieke
kombinasie maar Swartwoudham wat ân bietjie
goedkoper is werk net so goed. Rol ân reep van
die rokerige ham om ân happie spanspek of ân
skyfie nektarien en steek dit vas met ân
basilieblaartjie vir die mooi. Meesterlik!
Baba-aartappels
met crème fraîche en salami
Kook of bak baba-aartappeltjies tot gaar.
Sny ân kruisie bo in elke aartappel en druk
sodat dit effens oopbreek. Skep ân lepel
crème fraîche of roomkaas op elkeen en
draai ân kwartskyfie salami soos ân rosie bo-
op. Sprinkel met grasuie en siedaar!