kos stap vir stap
DeurJohané Neilson â¢FotoâsFrancois Oberholster
1
3
2
4
Kook calamari minder as ân minuut vir die sagste resultaat.
1 Laat week die calamari (vars of bevrore) vir ân paar uur in die melk. Dit maak die
calamari sag. 2 Spoel die calamari af en druk droog (gooi die melk weg). Bring ân pot
water tot kookpunt en voeg die suurlemoensap en lourierblare sowel as ân knippie sout
by. Dompel nou die calamari in sarsies in die kookwater vir sowat 30â40 sekondes of
totdat dit wit word. Skep met ân gaatjieslepel uit en verfris dadelik in yswater om die
kookproses te stop.
3 Klits al die marinadebestanddele saam en giet dit oor die calamari. Bedek met
kleefplastiek en sit dit vir minstens 2 uur in die yskas om te marineer â die sitrus sal
die calamari verder âgaarmaakâ en geur. 4 Proe die calamari en voeg nog sojasous
lemmetjie of kruie by na smaak. Meng deur die res van die slaaibestanddele en sit
voor op mooi borde. Bykomstighede
@home (0860 576 576 home.co.za)
SMELT-IN-DIE-MOND-
calamari
Gemarineerde
calamarislaai
Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 30 minute plus
marineertyd
Gaarmaaktyd: minder as 1 minuut
per sarsie
- 1 kg vars of bevrore middelslag-
calamaribuise en -koppe - 500 ml melk
- 15 ml suurlemoensap
- 3 lourierblare
- 90 g babaspinasie
- 15 ml sesamsaadjies gerooster
- 200 g murgpampoentjie-
spaghetti - 2 wortels in linte gesny
- wasabi-mayonnaise (opsioneel)
MARINADE - 2 rooi brandrissies ontpit en
gekap - 15 ml sesamolie
- 15 ml vissous
- 15 ml ryswynasyn
- 30 ml lemmetjiesap
- gerasperde skil van 1 lemmetjie
- knippie bruinsuiker
- 5 ml gekapte vars gemmer
- 1 klein knoffelhuisie gekap
(opsioneel) - ân hand vol elk ment en
koljander - 3 sprietuie gekap
- 15 ml laesout-sojasous of
na smaak