Tuis. 01

(Tuis.) #1

4 tuis Januarie 2017


Laas jaar besluit ek dis Jan Tuisbly se karretjie vir my.
Te moeg vir reëlings tref planne maak – en bowenal
daar’s huistakies wat al heeljaar pla; dit moet
klaarkom. Want kom die nuwe jaar is daar weer
nuwe probleme.
Fout.
Dit word uiteindelik ’n uitgerekte vakansie vol
handlangers en verfblikke en oneindige besoeke aan
die ysterwarewinkel (dikwels sonder sukses want daai
tyd van die jaar is net mooi als uitverkoop en “Nee
meneer diesuppliersis mos nou toe ...”). Een binnedeur
in my huis het nou nog ’n ou knip want hier is dit nou ’n
jaar later en ek was nog nooit terug winkel toe om die
nuwe knip te gaan koop nie.
Hierdie jaar besluit ek: Nie weer nie. Ek bespreek ’n
vakansie weg stuur e-pos vir die hondehotel sodat
Asgat versorg kan wees en sit verlof in. Weg is ek. Die
huistakies moet maar wag.
Glo dit as jy wil maar diep binne my is iets wat
kriewel. Want ek hou van my huis en dis vir my lekker daar. En as die
wind nie so woed soos die afgelope week nie bly dit vir my die lekkerste
plek op aarde (behalwe nou vir die deur met sy ou knip).
In dié vakansie-uitgawe wou ons meer as net strandhuise wys. Self het
ek al ’n heerlike (en helwarm) somervakansie in die Sederberg
deurgebring en toe een van ons gereelde medewerkers die mooi
houthuisie in Suurbraak se foto’s kom wys was die koeël deur die kerk.
Want ’n lekker vakansieplek hoef mos nie noodwendig ’n uitsig op die see
te hê nie reg?
Die Suurbraak-huisie bewys dit deur en deur. Eenvoudig dog stylvol
met ’n uitsig op die berge en ’n stroompie wat digby kabbel. Solank jy en
jou mense bymekaar is is die stryd mos half gewonne ...
Die bus (op bl. 46) is weer ’n ander storie. Die Koegelenbergs het dié
“vakansiehuis op wiele” ingeskryf vir ons jaarlikseRegruk met Flair-
kompetisie. Hulle het net-net nie die Top-5 gehaal nie en watter beter
uitgawe as Januarie om hul vindingryke planne te wys? Hoor net hoe
lekker vertel Gert en Martie hoe dié ongewone regrukprojek verloop het;
dit sal ’n glimlag op jou gesig sit.
En dan Sedgefield: Linda Evans het my meer as ’n jaar terug die eerste
keer genader maar heeltyd het iets bly voorval – en net toe ons finaal
gereed is vir die fotosessie ruïneer ’n bedenklike swembadbouer hul
swembad en tuin en moes ons weer uitstel. Maar hier is haar en Almarie
Mead se huis nou. Dis hul aftreehuis maar steeds lekker by die see.
Heeljaar vakansie ...
En op daardie noot: Jy kan ook heeljaar ’n vakansiegevoel skep by jou
eie blyplek – kyk net die slim planne wat lesers gemaak het op bl. 64. As
’n mens sulke ontsnap-plekke op jou eie werf het kan die nuwe jaar (en
sy nuwe probleme) mos maar kom. Of hoe?

[email protected]

Hallo


Tuis Opknap ons spesiale uitgawe met
inskrywings uit die jaarlikse Regruk met Flair-
kompetisie is nou te koop by winkels landwyd.
Ons wys onder meer Heinz Winckler en sy gesin
se huis. As jy sukkel om ’n eksemplaar te kry
stuur e-pos na [email protected].

alless huis is nouwatons
wou hê’

droomhuis
begin hierafwerkings & kosteAl diefoto’s

Jou

‘OHEINZHUL EERSTEWINCKLERhOPKNAPiiOOR
‘Onsaanlyn-veiling’
Ou woonwaopgekikker
iPLANNEJOUBouWERFVIR’n woonstel
+iKuierplekSit jou eieswembadpby die vuuriny
Doenenspaar!ditself

WAARDEinOPGEKNAPskpVERDUBBELoop op

REGRUK MET FLAIRONS REISDIE LAND PLAT! R

9 772073 884009

AnderNamibialandeN$47R47 (^505016008)
REDAKTEUR
Kaapstad-kantoor
Kaapstad-posadres
Kantoorbestuurder
Johannesburg-kantoor
REDAKSIE
Ontwerpredakteur
Senior ontwerper
Kreatiewe redakteur
Teksredakteurs
Artikelredakteur
Kosredakteur
Digitale redakteur
Fotograaf
Foto-opknapper
MEDEWERKERS
Handelsmerkbestuurder
Produksiebestuurder
Sindikasiebestuurder
Drywer/kantoorassistent
DRUK- EN DIGITALE VERKOPE
Hoof: Advertensieverkope (Kaapstad)
Verkoopbestuurder (Johannesburg)
Verkoopbestuurder (KZN)
Sleutelklantbestuurder (Kaapstad)
Toonvenster-advertensies
SIRKULASIE
Sirkulasiehoof
Sirkulasiebestuurder
Produkbestuurder
Wicus Pretorius ([email protected])
18de Vloer Absa-gebou Adderleystraat 4 Kaapstad
Posbus 1802 Kaapstad 8000
Natalie Herman 021 408 3041
Media Park-gebou Kingswayweg 69 Auckland Park
Andrew Maritz
Joanne Uytenbogaardt
Marian van Wyk
Desiree Hartney en Johletta Brits
Kim Arendse ([email protected])
Johané Neilson ([email protected])
Shané Barnard
Francois Oberholster
René Nortjé
Shelly Bergh Deon de Goede Gerda Engelbrecht Marié
Esterhuyse Gillian Eva Jana-Marie Koen Frieda le
Roux Kay Montgomery Beatrice Moore-Nöthnagel
Justin Patrick Inge Prins Riana Scheepers
Sarah Stuart-Reckling Ludwig Taschner
Elna van der Merwe JJ van Rensburg
Henrique Wilding
Roxanne Cloete 021 408 3815
Kim Petersen
Lucille van der Berg
021 408 3038 [email protected]
(Fotostate fakse en die pos van inligting)
Fuad Fritz
Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396
Susan Pienaar 083 281 7300
Gina van de Wall 083 500 5325
Charlene Meyer 082 928 5970
Evonne Mehl 021 461 2396
Leoni Volschenk
Adele Minnaar 011 713 9440
Janine Snyman 011 713 9918
Kopiereg Media24. All regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die geskrewe
toestemming van die redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese
middel weergegee word nie hetsy deur fotokopiëring skryf- of bandopname of deur enige ander stelsel
vir inligtingsbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in
artikels rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies
wat in die tydskrif gepubliseer word akkuraat is kan die redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid
aanvaar vir enige verlies skade of ongerief wat daaruit mag voortspruit nie. Die redaksie behou die reg om
veranderinge te maak aan enige materiaal wat aan die tydskrif gestuur word en kan nie aanspreeklik gehou
word vir enige skade aan of verlies van die materiaal nie. Alle pryse is onderworpe aan verandering en kan
verskil van winkel tot winkel; die prys in die winkel moet as die finale bevestigde bedrag beskou word.
Tuis word uitgegee deur Media24 Heerengracht 40 Kaapstad 8001. Tel. 021 406 2121
Uitvoerende hoof: Media24 Esmaré Weideman
Hoof: Media24 Drukmedia Ishmet Davidson
Hoof- finansiële beampte: Media24 Drukmedia Raj Lalbahadur
Uitgewer Marianne Erasmus • Finansiële bestuurder Jameelah Conway
Intekeninge hernuwings
en navrae
BEL 087 740 1023 • FAKS 086 457 5922
E-POS [email protected]
SMS “tuis” na 32361 (R1 per SMS)
WEB http://www.my-mags.com

Free download pdf