Belinda en Joe Soboil het hul pragtige huis agt jaar gelede
gekoop. âOns was op soek na blyplek met ân tuin wat groot
genoeg is vir ons drie seunsâ verduidelik Belinda. âJoe het dié
huis opgespoor maar ek was nog onseker tot ek verlief geraak
het op die imposante voordeur â en die res is geskiedenis!â
Die huis het ân opknap nodig gehad maar die Soboils het
besluit om eers ân ruk daar te woon voor hulle die taak aangepak
het. Só kon hulle met sekerheid besluit wat hulle wou verander.
âOns het eerste die kombuisarea oopgemaak en toe ân
deel van die stoep toegebou as ân TV-kamer vir die kindersâ
verduidelik Belinda. âDaarna het die formele sitkamer
dubbeldeure gekry wat op die tuin oopmaak. Dit het die vloei
van binne na buite heelwat verbeter.â
Nadat die nodige strukturele veranderinge aangebring is kon
Belinda haar dekor-stempel afdruk. âEk sou sê my styl is ân
mengsel van eklekties en modern â dalk boheems-vintage. Ek
kombineer graag die onverwagte met die ongewone en skep
instinktief ân voorkoms wat dromerig en gevoelvol is â met ân
sterk klem op plante.â >>
Die oopplankombuis met sy afgevlakte
vloer is reg langs die toegeboude stoep.
Die groen gehekelde kombers op die
bank is gemaak deur die talentvolle
Norah Karoi die gesin se huiswerker.
Rusbank van Weylandts; kussings van
Skinny laMinx
54 tuis Januarie 2017