Tuis. 01

(Tuis.) #1

6 tuis Januarie 2017


ons lesers sê


Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur e-pos na
[email protected] of ’n faks na 021 408 3046. Gesels saam bytuis.co.zaof
facebook.com/tuistydskrifof volg ons op Instagram by@TuisHomeMag.

Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.

Dieskrywervandiémaand
se wenbrief slaan ’n
ŵĞƌŝĐĂŶdŽƵƌŝƐƚĞƌͲƌĞŝƐƚĂƐ;ρρĐŵͿ
terwaardevanR1699los!
Die American Tourister
Bon Air is beskikbaar
by voorste bagasie-
winkels het ’n
ritssluiter en ’n
polipropileen-
omhulsel wat
breekskade
voorkom. Dié
supersterk
materiaal word met
’n spuitvorm gemaak vir ’n moderne
voorkoms met kontrasterende horisontale
lyne en ’n mengsel van mat en blink
afwerkings. Dit spog ook met sagte
ŚĂŶĚǀĂƚƐĞůƐĞŶd^ͲƐůŽƩĞ͘
sŝƌŶŽŐŝŶůŝŐƟŶŐ͕ďĞƐŽĞŬ
houseofsamsonite.co.zaof
skakel 031 266 0620.

WEN!


[KORTLIKS]


WENBRIEF


Die moeite
werd
Anna Styger van
Meyerton skryfGroot
was my verbasing toe
ek inTuisvan Augus-
tus sien dat julle oor
los matte skryf. Ek is
verslaaf aan los matte en
soek altyd na nog ’n los
mat. So loop ek my in ’n
tweedehandswinkel vas
teen ’n mooi maar baie
vuil mat. Ek moes hom
net huis toe neem. Nou
ja hy is tuis en my hande is vol blase van die skrop
om hom skoon te kry. Maar ek is nie ’n dag spyt dat ek
hom gekoop het nie. Dankie datTuismy bly inspireer;
ek sien altyd uit na jul volgende uitgawe. 9os

Om lekker te kan
sit my kind
Chantal Smit van
Rustenburg skryf Dit het als
begin met ons liefde vir outydse
meubels met sentimentele
waarde. Op ’n dag kry ons ’n
baie baie ou staalbad by my pa;
sy oupa het dit jare gelede op
die plaas gebruik.
My ma kom toe met die idee:
Omskep dit in ’n bank. Nou ja
toe maak ons so ...
Ná baie harde werk is die
bad-bank buite-om met krytverf
geverf en aan die binnekant
gespuitverf. Nou staan dit in ons
leefarea en my seuntjie geniet sy
ou/nuwe rusbank terdeë.

Askies Pappa
Connie Garrard van Kaapsche Hoop Mpumalanga skryfAs afgetredenes lei ons
steeds ’n besige lewe en tussendeur koop kyk en kuier ons saam metTuis. So vorm daar
stapeltjies tydskrifte oral in ons huis wat nog stadig deurgegaan moet word ... Tot my ultra-
netjiese man op ’n dag sy voet dwars sit: “Sorteer uit!” kom die opdrag.
Terwyl ek aansterk ná my wintergriep gaan ek rustig al my tydskrif-versamelings deur en
gooi ’n hele klomp van die bekendes uit vir herwinning. Maar askies Pappa noudat ek weer
na my Tuis-tydskrifte kyk is daar nie ’n kat se kans dat ek van hierdie kosbare inspirasie
ontslae gaan raak nie! Ek pak hulle netjies in ’n bondeltjie op die bed en toe hy inkom met
’n rooibosteetjie voel ek stukke beter en verduidelik dapper dat hierdie tydskrifte net mooi
nêrens gaan nie dalk net saam aftreeoord toe!
So aan die Tuis-span: Julle toets my huwelik maar ook my skeppingsvermoë!

Voor


Voor


Ons nuwe
kombuis
Wessel Schoeman van
Van Riebeeckshof
Bellville skryf Ek wil
sommer net ons “nuwe” kombuis vir julle wys. Ons het
ons donker kombuiskaste van soliede kersiehout laat
verf en die handvatsels en kroonlyste vervang – alles
vir R20 000! Dankie vir ’n puik tydskrif.

Liewe Riana
Hoewel ek ook bietjie van ’n woordmens
is – gee Engels op Kovsies praat Frans en
Duits is ’n vertaler en tolk – is ek nie in die
gewoonte om aan skrywers te skryf nie.
ŬŬŽŶƌĞĚĞůŝŬŝĚĞŶƟĮƐĞĞƌŵĞƚũŽƵ
Katriena-boeke. En ’n onlangse storie
waarin jy oor rooi ballonne op ’n staptoer
geskryf het bly my by.
Maar Riana daardie twee liefdesverhale
in die September-uitgawe ... Ek het dit in
die bed gelees ’n bietjie gehuil oor die
mooigeid my man in die sitkamer gaan
vertel en toe die tydskrif na my dogter
geneem om te lees. Dit het die hele
volgende dag deur my kop bly maal soveel
so dat ek net vir jou moes skryf.
Dankie Riana. Dit is mense soos jy
wat die gewone lewe vir mense soos ek
opvrolik. – Ingrid Steyn

Ons het verlede jaar ’n huis gekoop – nie
juis iemand se droomhuis nie maar dit het
sommer met die intrapslag gevoel dis my
plek dié. Werk is daar baie en ek gebruik
heelwat van my tyd om goedjies op te
kikker. Verf is mos ’n wonderlike ding;
dit kan die treurigste vertrek omskep in
daardie prentjie in jou kop. My man grom
net wanneer ek met nog ’n blink plan
vorendag kom maar wanneer ek deur
Tuis blaai kan ’n mens mos nie anders nie.
Terwyl hy nog wonder wat het geword van
ĚŝĞŵĂƩĞ͕ŝƐŵLJƉůĂŶŶĞǀŝƌĚŝĞǀůŽĞƌĞŬůĂĂƌ
deurdink! So kry my verbeelding vlerke.


  • Landi Louw van Brackenfell

Free download pdf