Tuis. 01

(Tuis.) #1
Belinda en Joe hou van die buitelug en reis
graag. “Oor die jare het ons meubelstukke
kuns en gedenkwaardighede versamel van al
die plekke waar ons al was” sê Belinda. “Ek
weet as iets vir my mooi is sal ek ’n plek
daarvoor kry. Ons huis staan vol kosbare
onthougoed.”
Belinda is ook passievol oor blomme en ná
baie jare in die advertensiebedryf bestuur sy
deesdae ’n blommerangskik-saak Bella
Flowers van die huis af. “Blomme het my
kreatiewe uitlaatklep geword” sê sy. G’n
wonder dat hul huis versier is met massas
blomme en loof nie.

Kleurryke rangskikkings en potplante
verlewendig die ruimte en ’n deel van die
aantrekkingskrag is die ongewone houers
waarin Belinda die plante uitstal. “Blomme is
vir my boodskappers van vreugde en
inspirasie” sê sy. “Hulle druk uit wat ons nie
kan nie – met grasie en skoonheid.”
Belinda se flair is nie beperk tot blomme nie


  • haar kreatiwiteit is regdeur die huis sigbaar.
    Fokusmure is geverf in ryk kleure wat dadelik
    die oog vang. “Ek hou van donkerder kleure op
    sekere mure – dit skep definisie en laat items
    uitstaan. Ek hou ook van swart in my dekor; dit
    anker en verleen integriteit aan ’n vertrek.” >>


Ek kombineer graag


meubelstukke van


verskillende tydperke


en kulture met unieke


ontwerpe spatsels kleur


ryk teksture en pragtige


blommotiewe. – Belinda


Al hul gunstelinge


60 tuis Januarie 2017

Free download pdf