Tuis. 02

(Tuis.) #1

Februarie 2017 tuis 11


[WARM KOPIES]

Cotton On se nuwe
huiswarereeks
CO:HOME bied jou
dekor te kus en te keur



  • van kussings en
    dekens tot vase kerse
    bakke en bekers. Dié
    trendy handdoeke
    (100 x 180 cm) is
    perfek vir die somer én
    lig op jou sak teen net
    R149 stuk. Trouens
    70% van die CO:HOME-
    versameling sal jou
    minder as R300 uit die
    sak jaag! Sien meer by
    cottonon.co.za.


Ons weet flesse het meer nut as net vir inlê maar
Consol se inkleurflesse lyk nie net mooi nie jy kan
dit ook self na hartelus versier! Die flesse kom in
twee groottes met ses merkpenne elk: 1 liter vir
R160 en 3 liter vir R190. Daar’s verskillende
ontwerpe en jy kan dit keer op keer versier – was
dit net met warm seepwater vir ’n skoon skilder-
doek. Kry dit eksklusief by The Consol Shop in
Woodmead en Stellenbosch. Besoek consol.co.za.

Italtile se jongste
ingevoerde reeks uit
Europa Story is ’n
lus vir die oog! Dis
beskikbaar in 600 x
600 mm-porseleinteëls
met ’n mat afwerking
(vanaf R289/m²). Dié
reeks met sy subtiele
dog warm voorkoms
is geskik vir mure en
vloere. Sien meer by
italtile.co.za.

Madam Botany by
Winkel 4B The Rex in
Graystraat Knysna is ’n
platform vir talentvolle
plaaslike ontwerpers en
vakmanne. Hulle verkoop
onder meer botaniese
kuns en dekor vir die
kleingoed en pragtige
huisware. Besoek
madambotany.co.za.


[LOCAL IS LEKKER]

MRP Home skop die nuwe jaar af met
hul Fresh Start-reeks wat heelparty
begeerlike dekordinge insluit – soos
dié Bushveld-blomkussing (55 x 55 cm;
R12999) wat die vaalste rusbank in
’n kits sal omtower. Daar is strooi-
kussings lampe bêremandjies en
skryfbehoeftes in die reeks. Sien
mrphome.com vir meer.
Free download pdf