Tuis. 02

(Tuis.) #1
Dans met die rooi rok
Vir ’n prentjiemooi rangskikking
wat herinner aan ’n Monet-
kunswerk gebruik Marlize ’n
dramatiese kleurskema – van
wynrooi tot pruimpers.
Groot oop tuinrose maak
’n pragtige prentjie saam met
angeliere leeubekkies tulpe
Hypericum-bessies scabiosas
en selfs ’n pienk orgidee. Oop
kolle is gevul met rooi loof van
die blompruim Japanse heilige
bamboes enLeucadendron
‘Safari Sunset’ en vir kontras
groen olyftakkies en viburnum.
“Ek voeg graag verskillende
soorte blomme en teksture saam
vir ’n bepaalde effek” vertel
Marlize. “Hier skep ’n blom-
pruimtak aan die een kant en ’n
parmantige tulp aan die ander
kant balans en beweging terwyl
’n takkie loganbessies sorg vir
tekstuur.”

16 tuis Februarie 2017


vars idees


KONTAK Flowerheart 021 976 6910
Free download pdf