Tuis. 02

(Tuis.) #1

Die veranderinge


Hoewel die uitleg van hul huis goed gewerk
het het die paartjie gou ’n paar dinge
ontdek wat hulle wou verander. “En toe ons
eers begin opknap het ons lysie net al hoe
langer geword!” sê Mpho. “AI die donker
hout het my gepla. En alles in die bad-
kamers: die kleure die teëls die vorm van
die baddens ...”
Binne vier maande het die ruimte ’n
nuwe gedaante gekry. Hulle het nuwe
vensters laat insit en die motorhuis vergroot
om voorsiening te maak vir ’n gimnasium en
onthaalplek op die vloer daarbo.
Die ou keramiekteëls is vervang met
weelderige vinielteëls regdeur die huis
behalwe in die badkamers en kombuis
waarvoor hulle teëls of sement gekies het.
Maar glo dit as jy wil daar’s nog geen einde
aan hul lysie nie. “Die stoep die tuin die
opwasplek... Kom ons sê net daar is nog
baie om te doen!” sê Mpho.


Dekorstyl


Die meeste meubels in die Vackier-tuiste
het skoon lyne. “Alles is prakties met ’n
kontemporêre gevoel” verduidelik Mpho.
“Maar tussenin is daar tog oudhede uit die
middel van die twintigste eeu! Ons is mal
daaroor!”
Danksy die grys kleur op al die mure
heers daar ’n naatlose gevoel en voorkoms
deur die hele huis. “Aksentkleure in
dieselfde kleurspektrum – skakerings van
blou in die kombuis en swart in die sitkamer



  • is so bygevoeg dat wanneer jy byvoorbeeld
    van die stoep af binnetoe kyk vorm al die
    vertrekke ’n harmonieuse geheel. Tog is
    daar iets unieks aan elke individuele
    ruimte” verduidelik Mpho.
    Dieselfde geld vir die slaap- en
    badkamers op die boonste vlak.
    Mpho geniet dit om inkopies by
    verskillende winkels te doen en te
    visualiseer hoe elke artikel in haar huis
    gaan lyk en saam met die ander stukke
    in dieselfde ruimte gaan werk.
    “Dan probeer ek my moeë/honger/
    knorrige man oortuig dat ja ons het beslis
    nog ’n boekrak nodig!” >>


Ons hou daarvan dat ons bed


lekker groot is; Sondagoggende


kruip Xavier by ons in en dan


lees ons saam. – Mpho


Dis in die detail
'ƌĂĮĞƐĞƉůĂŬƉĂƉŝĞƌǀĂŶƵŝůĚĞƌƐŵĂĂŬ͛Ŷ
ƐƚĞůůŝŶŐŝŶĚŝĞŚŽŽĨƐůĂĂƉŬĂŵĞƌ͘
Strooikussings van MRP Home
hangligte van Amatuli

Dis in die detail
DƉŚŽŝƐĚŽůŽŽƌŚŽĞĚŝĞ
ǀĞƌƐŬŝůůĞŶĚĞŽŶƚǁĞƌƉĞŽƉ
ŚŝĞƌĚŝĞŐƌĂĮĞƐĞƚĞģůƚũŝĞƐǀĂŶ
hŶŝŽŶdŝůĞƐŝŶĚŝĞŐĂƐƚĞͲ
ŬĂŵĞƌƐĞĞŶƐƵŝƚĞͲďĂĚŬĂŵĞƌ
ďLJŵĞŬĂĂƌƉĂƐ͘

Voor


32 tuis Februarie 2017

Free download pdf