Tuis. 02

(Tuis.) #1

6 tuis Februarie 2017


ons lesers sê


Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur e-pos na
[email protected] of ’n faks na 021 408 3046. Gesels saam by tuis.co.za of
facebook.com/tuistydskrif of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag.

Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.


WEN!


[KORTLIKS]
Afrikaans is my roemtaal
Afrikaans is my lied
Genade vrede en liefde wat die
Skepper ons bied
Alles verniet!
Afrikaans is ’n braaivleis-taal ’n lekkerlag-taal!
Sonder die taal is die lewe maar droog en vaal
Afrikaans bou jou karakter elke dag –
Sterker as ystertou!
Doreen Roux Phalaborwa

Wicus jy het voorheen gevra vir ’n
Afrikaanse woord vir “grudge purchase”.
Wat van “grom-kopie”?


  • Lana van der Westhuizen
    Melkbosstrand


Tuisis soos springmielies – as jy
daarmee begin kan jy nie stop
nie en dit maak almal om jou lus.
Ek het my mense al geleer (soos
Tuismy geleer het) om nie ou
goed weg te gooi nie. Toe my
man dié stuk pyp raakloop het hy
dadelik nuwe lewe daarin gesien.
Toe maak hy vir my ’n unieke posbus wat almal
bewonder. Dankie vir so ’n puik tydskrif.
Rosetta Calitz Randfontein

WENBRIEF My koestertuin
Annalien Vollgraaff van die Paarl skryf Ek het ’n paar jaar gelede ’n artikel oor ’n
grastuin raakgelees en dít was my inspirasie vir my koestertuin. Dit bestaan hoofsaaklik uit
inheemse plante en word in die somer net 10 minute per week natgemaak. Daar word ook
nie in die tuin gespit nie; die goggas doen die grawewerk vir my. Sedert ek 8 jaar gelede met
borskanker gediagnoseer is is my tuin my koesterplek waar ek nuwe krag kan kry.

Die skrywer van dié maand se
wenbrief slaan ’n Alcolin-
ŐĞƐŬĞŶŬƉĂŬƚĞƌǁĂĂƌĚĞǀĂŶZϭരϮϬϬůŽƐ͊
Alcolin bied ’n reeks houtlym kleefmiddels en
seëlaars van die hoogste gehalte aan om al jou
selfdoen-takies in en om die huis makliker te
maak. En as jy vasdraai bel
ĞĞŶǀŽƵĚŝŐŚƵů^ƟĐŬLJ
YƵĞƐƟŽŶƐͲŚƵůƉůLJŶďLJ
0800 222 400 vir raad;
of kyk hul opleidings-
video’s op YouTube.
Alcolin-produkte is
beskikbaar by
ysterwarewinkels
landwyd. Vir
naweekinspirasie en
nog pryse besoek hul
Facebook-blad of alcolin.co.za.

Nicolene Erasmus-Rossouw van
Pretoria skryfDat ’n kombuis die hart
van die huis is het ek net weer besef toe ek
die kombuisstorie in die November-uitgawe
lees. Dis opvallend dat elke kombuis nie net
kosmaakplek is nie maar ook kuierplek.
Ek ken Sewes en Saartjie sedert my
Potchefstroom-dae en alhoewel ek nog nie
die voorreg gehad het om saam met hulle
om hul kombuistafel te kuier nie weet ek
dat hul gasvryheid nie grense het nie.
Onlangs het ek en my man ’n Switser
Ben en sy gesin raakgeloop wat deur
Afrika toer. Hulle wou hul Land Rover laat
diens en ons kon aan niemand beter dink
as Sewes ’n Land Rover-entoesias om
hulle raad te gee nie. Ons stuur hulle dus
Potchefstroom toe waar hulle met ope arms
deur die Scholtze ontvang is en aanhou

kuier het selfs nadat die Land Rover ver-
sien is en Saartjie hul wasgoed gewas het.
Ben stuur toe vir my ’n foto van hoe hulle
om ’n baksel vetkoeke om die kombuistafel
kuier en nie lank daarna nie laat weet
Saartjie dat Naomi (Ben-hulle se dogtertjie
wat daardie week een jaar oud geword het)
pas haar eerste treetjies gegee het – op
Afrika-grond! Om daardie kombuistafel het
vreemdelinge vriende geword.

Eendag is eendag...
Stefanie Minnaar van Mosselbaai skryfOns huur ’n stokou
huis in Mosselbaai met die opsie om te koop ... eendag.
Al die vertrekke het ’n asemrowende uitsig oor die hawe en
see – behalwe die TV-kamer en kombuis. Die kombuis is agter
aan die suidekant met twee klein vensters. Dié vertrek was so
donker dat ’n mens altyd twee sterk buisligte moes aansit selfs in
helder daglig! Met die eienaar se toestemming kon ons die vertrek
opkikker met net ’n paar blikke wit verf vir die kaste en plafon
en goedkoop vinielteëls van Game. Nou is my man net bang die
eienaars gaan dink hul eiendom is deesdae R500 000 meer werd! Voor

Nou!


Die hart van die huis – van mense met groot harte


Voor

Free download pdf