Tuis. 03

(Tuis.) #1
[HOU DOP!]

BESIGHEID Room 13
WIENina en Michelle
vanReenen
WAAR Kaapstad
HUL WERK Dié susterspan het die perfekte sakeplan:
Ninais die kreatiewe gees terwyl Michelle die sake
behartig. Hulle bedryf al die afgelope 14 jaar ’n
suksesvolle grafiese-ontwerpateljee uit Nina se huis in Groenpunt en hulle
het onlangs hul aanbod uitgebrei na tekstiele sagte meubels en plakpapier.
Terwyl hul eerste reeks Eden (blommotiewe op tekstiel en plakpapier)
steeds baie gewild is spog Collection 2 hul jongste reeks tekstiele
plakpapier en dekorprodukte met ’n sterk afro- etniese en geometriese
inslag. Sien hul produkte by room13collection.co.za of by hul toonlokaal
(net per afspraak; stuur e-pos na [email protected]). Die susters
beplan ook om in die nabye toekoms hul produkte in enkele winkels in
Kaapstad en Johannesburg te verkoop.

wat’s nuut


Saamgestel deur Kim Arendse

B W v W H N b

suksesvollegrafieseon

[DOL HIEROOR!]

Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na [email protected].


dieperfektesakeplan

Omskep ’n gewone
venster in ’n kleurglas-
meesterstuk met
vinielplakkers. Dié
bekostigbare
waterbestande
plakkers is te koop by
die dekorwinkel Luv’it
op Malmesbury.
Ons is dol oor die
Romantic Roses-reeks
(180 x 260 cm vir R45)
en die span is
heeltemal bereid om
bestellings volgens
spesifieke groottes uit
te sny. Vir ’n lys
ontwerpe en pryse
stuur e-pos na
[email protected]
(hulle versend
landwyd).

[UIT LAPLAND]

[LOCAL IS LEKKER]

Biggie Best se nuutste Artisan Collection
herinner sterk aan vorige gewilde reekse: die
lighartige Candy Floss en die ernstiger
Thistle. Pryse vir dié pragtige stoffeerlap van
natuurlike linne en viskose wissel van
R195/m tot R355/m. Sien meer by
biggiebestwebshop.co.za.

Die 20ste uitgawe van
South African Décor & Design:
The Buyers’ Guide (R300
sadecor.co.za) is ’n moet vir
dekormense – van leke tot
kenners. Dis ’n bygewerkte
weeergawe met meer as
3 650 vervaardigers
diensverskaffers institute en
opleidingskolleges asook ’n
kalender met nasionale en
internasionale uitstallings.
Moet dit nie misloop nie!

10 tuis Maart 2017

Free download pdf