Tuis. 03

(Tuis.) #1
[WARM KOPIES]
Babylonstoren se nuutste linnereeks put
inspirasie uit die oorvloed van sy plaastuin. Dié
luukse treffende tafellinne (25 x 15 m en 35 x
15 m; vanaf R2 250) in Delft Green Leaf en
Waterblommetjie (binnekort ook in Botanical) is
droommooi! Jy kan dit as ’n strooideken bank-
oortreksel gordyn of muurbehangsel gebruik.
Besoek babylonstoren.com/shop vir nog.

Ons ondersteun graag omgewingsbewuste produkte
en is dus dol oor Italtile se Moso Bamboo Solida-
vloerreeks van 100% bamboesvesel. Moso-bamboes
is die plant wat die vinnigste groei – tot ’n meter per
dag! Dis antistaties en -allergenies en kom in ’n
verskeidenheid kleure: natuurlik karamel kwartswit
oniks-beige granietgrys marmerwit (foto) en topaas-
bruin. Pryse begin by R1 090/m². Besoek italtile.co.za.

[WINKELS TOE]

Loer gerus in by die nuwe Odeon-winkel by die Mall
of Africa in Johannesburg (daar’s nog ’n tak in die
Watershed in Kaapstad). Dit spog met huisware vir
die kombuis eetkamer en badkamer – alles
handgemaak deur plaaslike ontwerpers soos
Ngwenya Glass Quivertree Ashanti The Tool Room
Bakgat en Hoi’Ploy. Kry nog inligting by odeon.co.za.

Euro Nouveau die Suid-Afrikaanse beligtingsfirma Eurolux
se nuwe toonlokaal in Kaapstad spog met die ontwerpe van
14 voorste Europese ligvervaardigers – van die sjiek 1930’s
tot ultramoderne style. Eurolux het met Carrol Boyes
saamgewerk vir die lokaal waarvoor dié bekende plaaslike
ontwerper van haar ikoniese ontwerpe in meubelstukke en
huisware omskep het.


Groot bederf!

Free download pdf