Tuis. 03

(Tuis.) #1

vars idees


Kapstok(ke)
Martina en Ian het die idee vir
dié prettige muur buite hul
badkamer by die interieur-
ontwerper Karien Zulch gekry.
Hulle het self besemstokke in
stukke gesaag versterk met
staalpenne en dit toe in die
muur gemonteer met epoksi.
“Ons wou net ’n mooi
fokusmuur skep maar toe
raak dit heel funksioneel. Ek
hang selfs handdoeke daar”
vertel Martina.
KONTAK
Spirited Level spiritedlevel.co.za

Draadloos dae
As jy ’n radio-omroeper met ’n
volkleurpersoonlikheid is mag jy
maar ’n volkleur-radiofokusmuur in
jou tuiskantoor-en-TV-kamer hê.
Jane het dié geblokte afdrukke van
vintage-radio’s by ’n Kerspartytjie
present gekry. “Die tema was ‘radio
oor die dekades heen’ – te
wonderlik vir woorde.”

In volkleur
Die eetkamer (links) is die
bedrywigste vertrek in die
Durbanse radio-omroeper Jane
Linley-Thomas en haar man
Michael Thomas se huis. Sy is
nie bang om verskeie helder
kleure saam te gooi nie. Op die
tafel is ’n laptafeldoek onder ’n
laag plastiek – nuttig met drie
kinders tussen vier en ses! Dié lap
trek al die vrolike kleure in die
vertrek saam – die oorgroot
kunswerke op die fokusmuur die
geverfde kassie die koraalkleurige
stoelsitplekke en die ongewone
grasmat.

Muur geverf in
Annie Sloan se
Antibes Green

Opknapprojekte deur Spirited Level

Free download pdf