Tuis. 03

(Tuis.) #1
“Die Europese dorp-atmosfeer en argitektuur met keistene
boë en torings het met ons harte gepraat; om hier te bou
was ’n maklike keuse...”
So verduidelik Dewaldt de Kock hul besluit om einde
2013 ’n plot-en-plan-eiendom op Stellenbosch te koop.
Bouwerk sou amper twee jaar duur en hulle kon eers in Mei
2015 intrek. Maar die lang wag het hulle nie gepla nie.
“Dit het ons tyd gegee om die plan presies te verander
soos ons dit wou hê; ’n mens moet baie slim werk met klein
ruimtes.”
Dewaldt is ’n predikant op Stellenbosch en sy vrou
Suzelle werk vir ’n finansiëlediensteverskaffer. Hul dogter
Keana is ’n derdejaarstudent op Maties.
Die De Kocks se vrolike kleurvolle huis het allerlei hoekies
en draaitjies – nie noodwendig iets wat jy in ’n klein ruimte
wil hê nie maar dié twee het dit juis so beplan.
“Ek en Dewaldt is ook Imago-huwelikfasiliteerders wat
paartjies help om weer ’n ruimte te skep waar hulle ’n hegte
band kan vorm en veilig voel” vertel Suzelle.
“Omdat die ruimte tussen my en Dewaldt vir ons belangrik
is het ons doelbewus ons huis so laat bou dat daar baie
ruimte vir die band tussen ons kan wees – vandaar die knus
hoekies geen televisie nie en ’n groot bad waar ons kan
saamkuier. Die eetkamertafel is ons ‘televisie’; dis die
sentrale kuierpunt in ons huis” grap sy. >>

Suzelle wil graag die leerbank vervang
met een waarop sy én Dewaldt kan lê


  • “ ’n ontwerp met pote wat ’n gevoel
    van ruimte sal skep” sê sy.


Die kleurvolle
handgebreide
komberse is by
’n kerkbasaar
gekoop. Die
bamboesleer in
die eetkamer is
’n slim
ruimterekker



  • nou is die
    komberse altyd
    byderhand.


Leer van
Arabesque


Geel toustoeltjie van Arabesque

20 tuis Maart 2017

Free download pdf