Tuis. 03

(Tuis.) #1

6 tuisMaart 2017


ons lesers sê


Skryf aan ons byTuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur e-pos na
[email protected] ’n faks na 021 408 3046. Gesels saam bytuis.co.zaof
facebook.com/tuistydskrifof volg ons op Instagram by@TuisHomeMag.

WEN!


WENBRIEFAsgat-juwele
Jani-Mari van die Tuine Kaapstad skryfElkeTuisis goud werd in ons huis en ons
probeer al van die eerste uitgawes af om nie een mis te loop nie. Party hou ons net so vir die
huisbiblioteek ander “spoeg en plak” ons in die regte versamel- of droom-plakboek.
Met ’n oulike eenjarige nou in die huis het ek as nuwe mams nie veel tyd vir lees nie nog
minder vir droom oor my “eendag-huis”. Toe my pa dié week vir my die November-uitgawe
bring krul ek my op en begin myself bejammer oor ek nie meer “Jani-tyd” het vir lees en
droom nie. Maar Wicus se redakteursbrief oor sy optelhond Asgat het gou ’n einde aan my
selfbejammering gebring. Nou tel ek my eie “Asgat-juwele” en dan is ek onmiddellik in ’n
goeie bui.
Voorwaar ’n uitgawe vanTuisis meer as net nog ’n tydskrif: Dis ’n gevoel ’n waardering
en vir seker ’n jarelange vriendskap.

Dieskrywervandiémaandse
wenbrief slaan ’n MRP Home-
ĞĞƚƐƚĞůǀŝƌǀŝĞƌƚĞƌǁĂĂƌĚĞǀĂŶZϭςεϬůŽƐ͘
MRP Home het alles wat jy nodig het vir enige
geleentheid – van ’n formele dinee tot ’n gesellige
ete saam met vriende. Die geskenk sluit ’ntrendy
porselein-eetstel met ’n besonderse ontwerp in wat
so reg in die modekol is dié seisoen! Daarby kom
Crystal-langsteel-rooiwynglase en Urban-eetgerei
van vlekvrye staal – perfekte pasmaats in klassieke
styl. Met MRP Home het jy altyd rede vir ’n kuier!
Besoek MRP Home se Facebook-blad of
ŵƌƉŚŽŵĞ͘ĐŽŵǀŝƌŶŽŐŝŶůŝŐƟŶŐĞŶĞĞƚǁĂƌĞͲŬŽƉŝĞƐ͘

Dank aan die kenners
Petro Schoeman van Amanzimtoti skryf
Ek het verlede jaar byTuisraad gevra vir my
lelike kombuiskaste. Lisa Spaarwater van
Lemon & Lilac het toe ’n verf aanbeveel wat
ek op die mure en kaste kan gebruik asook
nuwe deurknoppe. Toe volg ek haar raad en
nou wil ek dankie sê en spog met my nuwe
kombuis. Die foto’s (bo en links) spreek
boekdele van die reuseverandering!

Ma se hekelpen roes nie
Erika Ochse van Elandspoort skryfOns
87-jarige moeder Cecilia Brand van Pretoria het
die afgelope ongeveer 20 jaar 15 wolkomberse
gehekel waarvan vier dubbelbedgrootte is. Een van
die komberse het sy adres in die VSA gevind.
Benewens komberse het sy ook al ’n menigte
tafeldoeke en -lopers skinkbordlappies serpe en
kussingoortreksels gehekel.
Onlangs het sy op bestelling dosyne rosies in
’n verskeidenheid kleure gehekel vir iemand wat
dit gebruik om halssnoere en armbande te maak.
Steeds word die hekelpen nie weggebêre nie. Sy is
klaar besig met die volgende ingewikkelde projek.
Ook die breinaalde en -wol is altyd byderhand
en Ma sê sy kan nie onthou hoeveel truie sy al in
haar leeftyd gebrei het nie.

Dankie DIY Deon vir jou selfdoen-
demonstrasie by Moorreesburg-skou se
vroueoggend. Dit was lekker om die tafeltjie
te maak. Ek kry elke maand die Tuis-tydskrif
en was baie bly dat ek nog die November
2014-uitgawe met aanwysings vir die tafeltjie
het. Met ’n paar aanpassings is hy nou perfek
as TV-tafeltjie. Doen so voort met ’n
ĨĂŶƚĂƐƟĞƐĞƚLJĚƐŬƌŝĨ͘– Analize Rossouw

Ek is ’n onderwyseres en versot op
mooimaak en huisdinge. Ek het hierdie ou
waaier wat steeds perfek werk maar net
te onooglik was om te gebruik nuwe lewe
gegee met Sprayon-lakspuitverf. Nou kan ek
ŵLJƉƌĂŐƟŐĞǁĂĂŝĞƌƐŽŶĚĞƌƐŬĂĂŵƚĞŐĞďƌƵŝŬ͘


  • Sunelle van Heerden Heilbron


Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.

[KORTLIKS]


Dankie
Elsie Schafer van Nelspruit
skryf Op ’n mooi Laevelddag
blaai ek deur die Kersuitgawe en
kyk na die foto van jul redaksie.
In die onseker tye met ander
tydskrifte wat sluit is dit seker
’n uitdaging om jou “plek op die
rak” te behou.
Uit my hart wil ek dankie sê
dat ek saam met vele ander die
voorreg gehad het om vir nog ’n
jaar elke maand jul handewerk
te kon beleef en waardeer.
Ek skryf op die tafel van jul
hart dat jul handewerk nog vir
baie lank geseënd mag bly.

Voor

Free download pdf