Tuis. 04

(Tuis.) #1
HOU DOP

BESIGHEID Pip
WIEJanine Greyling
WAAR Kaapstad
HAAR WERK Dis altyd bemoedigend wanneer ’n wonderlike
projek ’n goeie doel het – soos Janine Greyling se
handelsmerk Pip wat mode-artikels en huisware-
bykomstighede vervaardig. Bejaarde vroue uit die armer dele
vanRiebeek-Wes en Riebeek-Kasteel brei en hekel pragtige komberse
kussingoortreksels en vatlappe wat Janine dan vanuit Kaapstad verkoop en
landwyd versend om die vroue se staatspensioen aan te vul. “Kort voor haar
dood het my ouma gesê sy wens sy het ’n rede gehad om soggens op te
staan. Die idee agter Pip is juis om dié vroue iets te gee om na uit te sien iets
waarvoor hulle lief is” sê Janine. Besoek hul aanlynwinkel by pipit.co.za.

Wat’s


nuut


Saamgestel deur Kim Arendse

BB
WW
WW
H
p
h
b
vanRiebeekW

Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na [email protected].


WINKELS TOE

DOL HIEROOR!

Kapenaars pleit al
jare by Cottonwood ’n
Johannesburgse onderneming
wat reproduksies van Franse
meubels vervaardig om ’n
Kaapse tak oop te maak. Nou
het hulle – in die Northgate-
sakepark h.v. Sectionstraat en
Koebergweg tussen die N1 en
M5. Loer gerus in vir luukse
Franse badkamer- en
slaapkamermeubels. Besoek
cottonwoodfurniture.co.za.


Volgens Sian Cullingworth
portefeuljedirekteur van
Decorex SA 2017 is die neiging
vanjaar om weg te breek van
ons verknogtheid aan
elektronika en ons te omring
met luukshede geïnspireer deur
die natuur. Dis presies wat dié
Rebel Meadow-plakpapier
(R96558/m²) van St Leger &
Viney duidelik weerspieël. Sien
meer by decorex.co.za en
stleger.co.za.

Die nuwe Meta-
reeks van die
Kaapse ontwerper-
vervaardigers
Thingking is gebore
uit hul liefde vir
sterk funksionele
staal. Gaan kyk by
meta.thingking.co.za.

Belgotex se nuwe Design Centre in die
Matrix by Century City in Kaapstad is
voorwaar iets vir die oog. Die ontwerp van
hierdie 300 m²-vertoonlokaal sal almal –
van argitekte en binne-
ontwerpers tot dekor-
entoesiaste – inspireer
en die vloerfirma se
pragtige reekse
behoorlik tot sy hul
reg laat kom. Sien
belgotex.co.za.
Free download pdf