Tuis. 04

(Tuis.) #1

April 2017 tuis 11


WARM KOPIES

UIT LAPLAND

Ons is dolverlief op
dié Skandi-styl-
kussings van die
aanlynwinkel
simplychild.co.za.
Dis gevul met
anti-mikrobiese
poliësterballetjies en
pryse begin by R240.

Hou jy van Lego?
EverBlock ’n modulêre
boustelsel van massiewe
plastiekblokke wat in
amper enige vorm fatsoen
kleur of grootte gerangskik
kan word beloof tonne
pret; pryse begin by
R1 500. E-pos
[email protected].

Bederf jouself met
’n luukse pestemal
(100 x 180 cm;
R365) ’n tradisionele
Turkse handdoek van
100% katoen. Dit
word gou droog en is
so veelsydig –
gebruik dit as ’n
handdoek ’n
strooideken of
selfs ’n serp! Besoek
monoshop.co.za.

Die kleur groen is vanjaar groot nuus en ons
is mal oor die Equatorial Aloe-lap van Hertex
se jongste duursame reeks patiomateriaal
(R650/m). Flic en Flac spog met nege
ontwerpe waaronder oorgroot geometriese
mariene en blommotiewe. Sien al die
ontwerpe by hertex.co.za.

Ons is dol oor die vier nuwe
kleure in die plaaslik vervaardigde
krytverf van Petite Rouge: Let
them Eat Cake (1) Not Tonight
Josephine (2) Toulouse Or Not
Toulouse (3) en Arc de Triomphe
(4). Die verf is beskikbaar in twee
groottes: 125 ml (R50) en 1 liter
(R200). Besoek petiterouge.co.za
vir nog inligting en ’n lys van hul
45 verskaffers landwyd.

LOCAL IS LEKKER^1

2

3

4

Hulle sê die seshoekige teël is die nuwe
metroteël. Ons hou van albei maar ons
moet bieg dié Monte Carlo- seshoekige
teëls is stylvol verby. Dit kos R269 per
vel (26 cm x 34 cm) by Italtile.

Free download pdf