Tuis. 04

(Tuis.) #1
Neseiers
Paasfees is wanneer Charmaine Wakefield van
Riebeek-Wes haar kreatiwiteit vlerke gee (kyk haar
huis op bl. 36). Sy het ’n sponskoek in iets spesiaals
omgetower deur dit te versier met Paaseiers in wit- en
bruinsjokolade en ’n guitige sjokoladehoender – wat
sy self gemaak het. Indrukwekkend!

April 2017tuis 13


Lig jou stert Hasie!
Saag ’n hasievorm uit oorskiet-hout. Ons s’n het
’n impressionistiese reghoekige vorm met ore
maar maak joune gerus meer tradisioneel as jy
wil. Saag ook twee gleuwe waarin pootjies kan
skuif sodat jou haas regop staan. Boor ’n
26 mm-gat en druk ’n ligsok daardeur.
Skroef nou ’n ekstragroot gloeilamp in
die sok om jou haas se stert te vorm.
Beddegoed van Woolworths
en MRP Home

Jaag die hase op
Ons is veral dol oor die vier
keramiek-hasies bo die kaggel in
dié knus hoekie. Raakgeloop by
’n plaaslike mark in Somerset-
Wes is dit nou ’n permanente
uitstalling teen een van die
sementpanele teen die
skoorsteen. Die panele raak
boontoe al hoe smaller wat die
fokus plaas op die dubbelvolume
van die vertrek. Dekens ’n ronde
fokusmat en versamelgoed op die
kaggelrak voltooi die prentjie.
Stoel gestoffeer met Veni-lap in die
kleur Sky van Hertex; grys en blou
strooikussings koraal en grys
dekens en matte van MRP Home;
beige-en-room deken van @home

Kyk ons stap-vir-stapvideo
op Facebook.

Kyk onsstap-vir-stapvideo
op Facebook.

VERSKAFFERS @home 0860 576 576 home.co.za Hertex 0860 437 839 hertex.co.za
MRP Home 0800 212 535 mrphome.com Woolworths 0860 022 002 woolworths.co.za


’n Wolhaasstorie
Sny ’n hasievorm uit kunspels (te kry by
materiaalwinkels). Maak dit so groot soos jy wil – ons s’n
is net reg vir ’n baba om te lê en bottel drink of maak ’n
groter een vir jou kleuter se speel- of leeshoekie. Sny ’n
glyvaste rugkant in presies dieselfde vorm en stik die
twee aan mekaar. Werk die rand af met skuinsband.

Sagte speelgoed
en bêreboks van
MRP Home
Free download pdf