Tuis. 04

(Tuis.) #1

130 tuis April 2017


agterblad


Veel meer as ’n mode-item – eerder ’n maat!


Dis hoe Riana Scheepers voel oor haar troetelhond.


Iets wat ek


my eie kan noem


Daar is ’n droefnis op aarde wat uniek in sy
verskriklikheid is en dit is die droefnis van
’n troeteldier se afsterwe.
Sommige mense het geen begrip vir die
groot hartseer as jy ’n troeteldier verloor nie


  • ’n dier is mos net ’n dier sê hulle.
    Hierdie mense is nie eintlik “mense” nie;
    hulle is organismes van ’n laer orde met
    wie ek nie eintlik wil assosieer nie. Maar
    daar is wel diegene wat verstaan as jou
    hart wil breek oor een van jou dierevriende
    se afsterwe. Hul deernis en begrip is al
    klaar ’n troos. Neem gerus maar kennis
    van die uitspraak dat ’n samelewing se
    beskawingspeil gemeet kan word aan die
    mate waarin hulle na hul bejaardes en
    diere omsien.
    Die interessante en komplekse
    verhouding tussen die mens en die
    diereryk is so oud soos die mensdom.
    Namate die mens ontwikkel het het
    hierdie verhouding natuurlik ook meer genuanseerd geraak.
    Diere is mettertyd nie meer net gejag en verorber nie maar ook
    makgemaak. Ons het hulle ingespan om vir ons te werk. Hulle
    het ’n voedselbron geword. Uiteindelik was diere nie meer net
    nuttige werkesels of kos nie hulle is ook aangehou vir die mens
    se twyfelagtige behoefte aan plesier. In die beste gevalle het hulle
    ons getroue en lojale vriende geword.
    Dit is bekend dat die heersers en welgesteldes van die antieke
    tyd private dieretuine gehad het waarin eksotiese diere en voëls
    aangehou is – net vir die aardigheid daarvan. Ek bedink ’n toneel
    waarin ’n koning vir sy gunsteling-minnares vra: “Wat wil jy vir jou
    verjaarsdag hê my enigste liefling?”
    En Enigste Liefling kielie hom met ’n pouveer en antwoord:
    “ ’n Kameelperd my skat. Ek het nog nie ’n kameelperd in my
    tuin nie. Ag toe? Hulle is tog só mooi!”
    Maak nie saak of hierdie pragtige langnekdiere in daardie land
    kan oorleef of nie en dat Enigste Liefling baie gou verveeld gaan
    raak met haar geskenk nie Koning Skat stuur sy kamerheer uit
    met die bevel: “ ’n Kameelperd uit Afrika! En gou!”
    Iets wat my fassineer is hoe die rykes en die beroemdes nog
    altyd hul sosiale status probeer verhoog het deur die troeteldiere
    wat hulle aanhou. Vroeg in die vorige eeu het dit ’n onhebbelike
    mode geword: Aktrises en sosiale vlinders wat hul intrede op die
    rooi tapyt maak met fladderende wimpers baie diamante – en ’n [email protected]


Riana


glimmende jaguar aan ’n ketting. Of ’n
grommende wolf. Of ’n slang om Madame
se hals gedrapeer. Hoe meer eksoties hoe
beter. Maak nie saak of die jaguar of die
wolf tuis gevoel het by dié glinster-
geleenthede nie hulle was deel van
die rykes en beroemdes se uitrusting
en aansien.
Die mate waarin hierdie arme diere
misbruik is het nie einde gehad nie. Een
dame het haar verskyning gemaak met
twee fabelagtige oorkrabbers: Twee ragfyn
koutjies wat aan haar oorlobbe gehang
het met twee identiese vlinders wat
wanhopig daarin rondfladder. Dit
natuurlik moes hierdie vrou
onweerstaanbaar en beeldskoon maak
iets wat sy nie op haar eie kon bereik nie.
Dapper moes hierdie vroue ook gewees
het want die hoogtepunt van hierdie
troeteldier-mode was toe hulle begin het
om ’n lewende tarantula as borsspeld te gebruik. Onder skerp ligte
sal ’n tarantula aan ’n aandrok vasklou en só vasgeklem bly totdat
dit weer donker word en afgehaal kan word. Hierdie vroue het die
hele aand ’n pragtige maar grillerige borsspeld aan hul boesem
gehad. Ek wonder net: Wie het met haar gedans?
Van watter soort troeteldier hou ek?
Kom ek vertel die storie van my skoonpa en sy pavement
special-brak waarvoor hy bitterlik lief was. Op ’n dag stap hy met
die gediertetjie by die see. Van voor kom twee deftige dames
elkeen met ’n gekamde gestrikte en geparfumeerde poedel aan ’n
leiband. Skoonpa is ’n galante heer. Hy groet en komplimenteer die
dames met hul versorgde poedels.
“Watter ras is jou hond?” vra een van die dames vir Skoonpa en
kyk afkeurend na Tiekie.
“Sommerso iets deurmekaar” sê Skoonpa. “En hy is ’n
fantastiese maat.”
Die deftige dame trek haar neus fyntjies op. “Ten minste is dit iets
wat jy jou eie kan noem” sê sy en stap aan.
Só ’n troeteldier het ek. Klara my liefhond wat ek regtig my eie
kan noem.
Ek hoop ek is haar liefde en lojaliteit waardig.

Illustrasies

Paula Dubois
Free download pdf