Tuis. 04

(Tuis.) #1

Die ontblote baksteenmure en groot
kiaatkas in die sitkamer vorm ’n aantreklike
kontras met kontemporêre wit banke ’n wit
sementvloer en oorgenoeg natuurlike lig.


Ons is dol oor...
die ingeboude gaskaggel
wat netjies in ’n baksteenbasis
versink is.

In 2012 het Lynne Behr een aand toevallig ’n episode van
die gewilde leefstylprogram Top Billing op TV gesien. Die
onderwerp was Prins Albert in die Karoo en die bekoorlike
dorpie het haar verbeelding aangegryp.
Sodra sy van haar huis in Fairwood Johannesburg kon
wegglip het sy die pad gevat en ’n paar dae daar by ’n
vriendin gaan deurbring – en kort voor lank besluit dis
waar sy die volgende hoofstuk van haar lewe wil deurbring.
“In Johannesburg moes ek lang ure werk en ek was
regtig pootuit” vertel Lynne ’n masseerterapeut. “Ek wou
nog altyd ’n paar jaar afneem om te skryf musiek te maak
minder te werk ...”
Lynne wou aanvanklik ’n bestaande huis koop maar die
meeste eiendomme waarna sy gaan kyk het het net te
veel werk gekort; pleks van ’n ou huis opknap het sy toe
besluit om van nuuts af te bou.
Op die erf wat sy gekies het het daar reeds drie mure
gestaan – al wat oorgebly het van ’n grofsmid se werk-
winkel en perdestal uit 1880. Die res van die eiendom het
gedurende die laaste paar jaar ’n stortingsterrein vir alles
en nog wat geword.
Dit het twee jaar gekos om die erf skoon te maak maar
die drie mure het bly staan – want Lynne het besluit om
haar pragtige huis rondom hulle te bou.
Free download pdf