Tuis. 04

(Tuis.) #1

4 tuisApril 2017


Sosiale media is soms vir my een te veel. Ek sien goed
op Facebook wat ek nie wou sien nie en word betrek
by gesprekke waaraan ek nie wou deelneem nie.
Maar dis ook ’n onuitputlike bron van inligting en
vermaak – en die beste barometer van ons land en
sy mense se gemoedstoestand. En vindingrykheid.
En sin vir humor.
Pas terug van die Kersvakansie vroeër vanjaar sien ek
op Facebook die eerste keer die woord “Janu-worry” en hoe feitlik almal
die dae tel na die volgende betaaldag. Dit word ’n refrein soos Desember
se “KeDezemba Boss” ... Dis ook op Facebook waar ek die eerste keer
lees iemand sê hulle het te min salaris vir te veel maand.
Maar loshande die Facebook-hoogtepunt sover vanjaar (’n brokkie van
Traveller24) is hoe mooi die vakansiedae val in April en hoe jy met min
dae verlof ’n lekker lang herfsvakansie kan hê pasella van die president.
Dit werk só (en ek voel verplig om die blye boodskap so wyd moontlik te
versprei ingeval jy dit gemis het): As jy verlof neem op Donderdag 13 en
Dinsdag 18 April het jy ’n ses dag lange mini-breek. As jy op Woensdag
26 April Vrydag 28 April en Dinsdag 2 Mei verlof insit het jy ’n hele week
lange breek.
En hier is die beste: Las jy daardie twee mini-vakansies aan mekaar kan
jy met net nege dae verlof ’n vakansie hê van ’n allemintige 19 dae.
Hoe salig is dit? Facebook het voorwaar sy deugde.
April is vir my in vele opsigte die eerste keerpunt van die jaar ’n klein
mylpaal. Dis die eerste seisoenswisseling en hier in die Kaap is Paas-
naweek dikwels sinoniem met die eerste goeie reën. Dis ook vir baie
mense die eerste blaaskans van die jaar ’n tyd van langpad vat en
wanneer geliefdes weer by mekaar uitkom.
Met dit in gedagte het ons hierdie uitgawe aanmekaargesit. Een waarin
jy jou kan verdiep waar jy ook al is. Daar is drie uiteenlopende leserhuise
(my gunsteling is die Bergsets se tropiese Durban-huis op bl. 24 dalk oor
ek weet hier in die Kaap gaan die koue eersdaags begin knaag; by hulle
lyk dit doodgewoon heeljaar lekker warm) ’n regrukprojek met ’n mooi
storie in St James aan die Valsbaaise kus en die mooiste baddens in ons
badkamerstorie (kyk net daardie koper-ene op bl. 46; ja ek weet dis
duurder as duur ek Janu-worryas ek net daarna kyk maar dalk
eendag ...).
Dan is daar weer vernuftige selfdoenprojekte ’n inheemse tuin op
vlakke uitgelê en resepte gemaak vir kuier en saameet. Glühwein-
hoender? Ja! Ook ’n botterskorsie-rolkoek sowaar! Johané ons
kosredakteur het haar weer oortref.
Lekker lees en mag dié uitgawe vir jou goeie geselskap wees of jy
nou Paasvakansie hou of nie.

Hallo


OnsjaarlikseRegrukmetFlair-kompetisieisweervolstoomaandie
gang.Jykannouinskryf;onsnuwewebwerfmaakditsupermaklik
(kryaldiebesonderhedeopbl.34).

ONTHOU OOK

REDAKTEUR
Kaapstad-kantoor
Kaapstad-posadres
Kantoorbestuurder
Johannesburg-kantoor

REDAKSIE
Ontwerpredakteur
Senior ontwerper
Vryskut-ontwerper
Kreatiewe redakteur
Teksredakteurs
Artikelredakteur
Kosredakteur
Digitale redakteur
Fotograaf
Foto-opknapper
Intern

MEDEWERKERS

Handelsmerkbestuurder
Produksiebestuurder
Sindikasiebestuurder

DRUK- EN DIGITALE VERKOPE
Hoof: Advertensieverkope
(Kaapstad en KZN)
Sleutelklantbestuurder (Kaapstad)
Verkoopbestuurder (Johannesburg)
Toonvenster-advertensies

SIRKULASIE
Sirkulasiehoof
Sirkulasiebestuurder
Produkbestuurder

Kopiereg Media24. All regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die geskrewe
toestemming van die redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese
middel weergegee word nie hetsy deur fotokopiëring skryf- of bandopname of deur enige ander stelsel
vir inligtingsbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in
artikels rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies
wat in die tydskrif gepubliseer word akkuraat is kan die redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid
aanvaar vir enige verlies skade of ongerief wat daaruit mag voortspruit nie. Die redaksie behou die reg om
veranderinge te maak aan enige materiaal wat aan die tydskrif gestuur word en kan nie aanspreeklik gehou
word vir enige skade aan of verlies van die materiaal nie. Alle pryse is onderworpe aan verandering en kan
verskil van winkel tot winkel; die prys in die winkel moet as die finale bevestigde bedrag beskou word.

Tuis word uitgegee deur Media24 Heerengracht 40 Kaapstad 8001. Tel. 021 406 2121
Uitvoerende hoof: Media24 Esmaré Weideman
Hoof: Media24 Drukmedia Ishmet Davidson
Hoof- finansiële beampte: Media24 Leefstyl Raj Lalbahadur
Uitgewer Marianne Erasmus • Finansiële bestuurder Jameelah Conway

Intekeninge hernuwings
en navrae
BEL 087 740 1023 • FAKS 086 457 5922
E-POS [email protected]
SMS “tuis” na 32361 (R1 per SMS)
WEB http://www.my-mags.com

Wicus Pretorius ([email protected])
19de Vloer Absa-gebou Adderleystraat 4 Kaapstad
Posbus 1802 Kaapstad 8000
Natalie Herman 021 408 3041
Media Park-gebou Kingswayweg 69 Auckland Park

Andrew Maritz
Joanne Uytenbogaardt
Paula Dubois
Marian van Wyk
Desiree Hartney en Johletta Brits
Kim Arendse ([email protected])
Johané Neilson ([email protected])
Shané Barnard
Francois Oberholster
René Nortjé
Carissa Govender

Shelly Bergh Kim Bougaardt Sally Chance Elza
Cooper Deon de Goede Pietman Diener Gerda
Engelbrecht Janelle Enslin Marié Esterhuyse Gillian
Eva Kay Montgomery Beatrice Moore-Nöthnagel
Justin Patrick Riana Scheepers Ludwig Taschner
JJ van Rensburg Nolene van Staden Amanda van
Wyngaardt Henrique Wilding

Roxanne Cloete 021 408 3815
Kim Petersen
Lucille van der Berg
021 408 3038 [email protected]
(Fotostate fakse en die pos van inligting)

Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396

Charlene Meyer 082 928 5970
Susan Pienaar 083 281 7300
Evonne Mehl 021 461 2396

Leoni Volschenk
Adele Minnaar 011 713 9440
Janine Snyman 011 713 9918

Vanjaar maak Tuis vir die eerste keer in jare weer ’n draai by die
KKNK op Oudtshoorn. Kom kyk op 10 en 11 April by die Media24-
Feeskafee op die hoek van Baron van Reede- en Voortrekkerstraat
na ons selfdoendemonstrasies en kuier saam!
Free download pdf