Tuis. 04

(Tuis.) #1

6 tuis April 2017


Ek moes dit net met julle deel: my
Tuis-versameling wat ek van 2014 al
bymekaarmaak!Tuis-groete.


  • Marissa Burden


Die skrywer
van dié
maandsewenbriefwen
’n 65kg-Spindel-
wasgoeddroër van
ZϮρεε͊
Spindel kry jou wasgoed
in ’n kits droog selfs op
reëndae. Dit gebruik
ƚŽůŬƌĂŐƉůĞŬƐǀĂŶŚŝƩĞ
om vog en reiniger te
verwyder wat beteken
jou klere is gouer droog
en boonop skoner én
sagter. Spindel is ook
veilig vir delikate items
en winter-wolgoed wat
jy nie in ’n tuimeldroër
kan droogmaak nie. Én
dit gebruik 100 keer minder elektrisiteit as ’n
tuimeldroër wat jou op die ou end hope geld
spaar! Sien spindel.co.za vir besonderhede.

ons lesers sê


Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê Posbus 1802 Kaapstad 8000 of stuur e-pos
na [email protected]. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/
tuistydskrifof volg ons op Instagram by@TuisHomeMag.

Die redakteur behou die reg om briewe te redigeer.

WEN!


KORTLIKS

Nicolette Brink skryfNadat Christiaan
en Marinda in 2014 dieRegruk met Flair-
kompetisie gewen het het ons besluit om
hulle te nader vir ons eie regruk-projek.
Dié twee is niks minder as regruk-ninjas
nie en het die onmoontlike binne minder as
drie weke vermag – en dit terwyl hulle albei
ander voltydse werk het.
Ek moes eenvoudig die transformasie van
ons slaapkamer badkamer en instapkas
deel. Buiten die kreatiewe idees het hulle
ook self die badkamerkassie skuifdeure

kaste en gordyne gemaak. Die ligte het
dikwels tot ná tienuur saans gebrand sodat
hulle ons luukse dog knus plekkie betyds
gereed kon kry.
Want sien terwyl die finale afrondings
gedoen is was ek in die hospitaal met
die geboorte van ons derde baba. En
toe ons die eerste keer by die “nuwe”
vertrekke instap was ons asems behoorlik
weggeslaan.
Nou hoop ons net daai twee sien kans vir
die res van ons huis ook!

Tjop-tjop klaar


Voor


Voor
Ná

Ná


Ek wil net sêTuisis ’n
knap tydskrif; daar is so
baie oulike idees soos
die “roesrakkie” in die
badkamer op bl. 70 van
die Desember-uitgawe
(al lyk myne meer
soos die een bl. 11).


  • Gwen van
    Heerden Mondeor


DieRegruk met Flair-funksie was pure
lekkerte en die deelnemers se stories het my
geïnspireer om myne te deel. Voor ons troue
het ek en my man ’n ou huis gekoop. Ons
ŚĞƚĂůƐǀŝŶŶŝŐŐĞƌĞģů͕ǁĂŶƚŽŶƐǁĂƐŚĂĂƐƟŐ
vir intrek en mooimaak. Kort voor die
seremonie vertel ek die dominee dat ek nie
vir my man ’n ring gekoop het nie maar ’n
boor. Was hy nou ontsteld! Sy boodskap
het juis gegaan oor twee ringe en nou is
daar net een! Verlede jaar met ons 20ste
huweliksherdenking het ek weer ’n boor
gekoop. Ons is steeds gelukkig getroud –
sonder ’n ring. Wie’t nou ’n ring nodig as jy
’n boor het? – Heleen Niere Kaapstad

WENBRIEF


Che Petersen van Johannesburg skryf Aan die begi
van ons Desembervakansie (ons het die pad gevat na
Pietermaritzburg en van daar af Kaap toe om by familie
te kuier) het ek my man gevra om my met ’n Tuis-tydskri
te bederf – ’n regte Kersfees-bonus vir ’n tuisteskepper
met ’n knap begroting! 
Ná ’n moeilike jaar waarin ons getref is deur my
skoonma se dood ’n aflegging en nou op ’n begroting
moes vakansie hou het ek glad nie kans gesien vir
inkopiesentrums nie. Ek het wel verlang na die
feestelike dekor en wou my opbeur met iets wat ons
vakansieblyplek sou opkikker.
My stokperdjie is funksiedekor en terwyl ek so deur
my Tuis sit en blaai sien ek die pragtige vlaggies en
dink by myself: wat ’n oulike idee. Daar en dan het ek
besluit om op pad Kaap toe ’n tydskrif op te knip en
vlaggies te maak van die kleurvolle bladsye. Maar ek het
gekrap oor watter tydskrif ek sou gebruik – met ’n skêr raak ek nie aan my Tuis nie!
Gelukkig sien ek die MRP Home-katalogus wat saam met die Desember-uitgawe gekom
het met die mooiste foto’s daarin. En deur die een of ander ingryping het daar ’n klein
skêrtjie tussen die motor se sitplekke geval – toe kon ek tot in die Kaap sit en vlaggies knip!
Uiteindelik het elke venster in ons vakansieplekkie in Muizenberg gespog met vlaggies; so
ook die balustrade en yskas. Die eindresultaat: my goedkoopste gelukkigste feestyd-dekor
ooit met die hand gemaak!

Selfdoen-dekor

Free download pdf