Tuis. 04

(Tuis.) #1

74 tuis April 2017


doen dit self


3 Voltooi jou rak deur die twee 960 x
400 mm-planke op die onderste en boonste
dwarsstut aan die pyp te heg met die
saaltjies en spaanderbordskroewe (twee
saaltjies om die lang pyp en een om die kort
pyp). Herhaal met die drie 650 x 400 mm-
planke op die middelste stutte. Skuur die
hout liggies en verf of vernis dit in die
afwerking van jou keuse. Ons het verkies om
die hout natuurlik te hou.

3


Hout en skroewe
verskaf deur

VERSKAFFERS @home 0860 576 576 home.co.za Cape Boards 021 981 0152 capeboards.co.za Deon de Goede 084 589 5026 [email protected]
MRP Home 0800 212 535 mrphome.com Woolworths 0860 022 002 Woolworths.co.za

2 Voltooi die regtersy deur ’n 1 000 mm- en ’n 150 mm-pyp te
verbind deur middel van ’n 25 mm-sok en in die T-stuk van
die voetstuk te skroef. Skroef die 450 mm-pyp in die T-stuk
bo. Heg ’n 300 mm-pyp met ’n elmboog aan die bopunt van
die linker- én die regtersy en eindig met ’n flens. Maak seker
jou pyprak is oral haaks voor jy die gate waar die flense teen
die muur vasgeskroef moet word merk en die gate vir die
muurproppe boor. Skroef nou ’n 600 mm-pyp dwars in die
middelste drie T-stukke links; skroef ’n elmboog en ’n

300 mm-pyp met ’n flens op die ander punt van dié pype vas.
Dit vorm die middelste rakstutte. Skroef ook ’n 900 mm-pyp in
die boonste T-stuk links en eindig weer met ’n elmboog
300 mm-pyp en flens vir die boonste rak. Vir die klerereling
skroef die laaste 300 mm-pyp dwars in die T-stuk regs en
rond af met ’n elmboog 300 mm-pyp en flens. Merk en boor
waar elk van die flense teen die muur vaskom. Druk die
muurproppe in die gate en skroef die spoorskroewe met jou
soksleutel aan die muur vas.

2a b c


Elmboog

Klerereling
Free download pdf