Tuis. 05

(Tuis.) #1
DOL HIEROOR!

LOCAL IS LEKKER

Wat’s


nuut


Saamgestel deur Kim Arendse

Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na [email protected].

BESIGHEID Lilly Loompa Furniture
WIE Lizl Naude
WAAR Wellington Wes-Kaap
HAAR WERK Lizl ’n voormalige interieur-
ontwerper het die idee vir haar eie besigheid
gekry toe sy gesukkel het om bekostigbare
ekovriendelike dekor-items vir haar huis te kry.
Sy het toe self meubels begin maak uit sakpas-
materiaal en “weggooigoed”; kort voor lank het sy
’n hele klomp aanhangers gehad. Lizl maak nou als
van beligting kunswerke en muurhorlosies tot tafels
en ander meubels. Besoek lillyloompa.com of koop
haar produkte by madeineverywhere.co.za.

Danksy befondsing deur die
departement van kleinsake-
ontwikkeling het die Cape
Craft and Design Institute
(CCDI) ’n nuwe webtuiste
peek.org.za toegewy aan
projekte soos Head on
Design (produkte links).
Die webblad het reeds
die besonderhede van
120 ondernemings en
meer as 450 produkte om
van te kies. Jy kan nie
regstreeks op die webblad
koop nie maar kontak-
besonderhede van elke
verskaffer verskyn by hul
produkte.

Moet-hê!


Hoe oulik is dié shweshwe-katjie
(vanaf 33 cm teen R295) deur die
Pretoriase kunstenaar Ann van
Jaarsveld? Elkeen is uniek met
sy eie handgeverfde gesiggie en
’n naam wat Ann of die voor-
nemende koper kies. Sien meer by
facebook.com/catsbyann.

Bedags is Neil Moodie
van Parow Kaapstad ’n
logistieke bestuurder maar in sy
vrye tyd maak hy die pragtigste papierblomme. Hy
het verlede jaar begin om dié mooigoed van sterk dog
buigsame papier te maak nadat dit ’n groot treffer by
’n werkfunksie was. Nou neem hy landwyd
bestellings; die grootste blom is 75 cm hoog (R75 vir
wit en R100 vir kleur). Besoek facebook.com/
MoodieAffairevents of skakel 076 790 9064.

Free download pdf