Tuis. 05

(Tuis.) #1

104 tuis Mei 2017


Saamgestel deur Gillian Eva • Foto’s: Francois Oberholster en verskaf

Take vir


Mei


Gee op Moedersdag lenteblommende saad en bolle – ’n
wonderlike geskenk wat nog lank sal bekoor.

Deur Kay Montgomery

Kikker dit op
In streke met ’n matige winter kan jy
steeds Alyssum skeefblomme Linaria
Kaliforniese papawers Gaillardia
Namakwalandse madeliefies leeu-
bekkies pronkertjies en Virginiese vilette
direk saai. In koue streke sal dit beter
wees om saailinge te plant.
Pastelkleure werk goed in klein tuine
waar dit die illusie van meer ruimte skep
en ’n vlak bedding diepte kan gee.
Gousblomme papawers en Nemesia is
warm en verwelkomend perfek vir ’n
ingang en op die stoep; ornamentele kool
in wit pienk en pers werk goed in potte of
in massas.
Verfraai rotstuine met helder
Gazania en Arctotis blinkgroen vygies en
inheemse bolplante soos bobbejaantjies
(Babiana) freesias kalossies Lachenalia
fluweeltjies (Sparaxis) en kalkoentjies
(Tritonia).
Versier ’n trap met potte vol
Pelargoniums met hul pragtige
trompetvormige blomme. Pelargonium
peltatum met blare soortgelyk aan ’n
klimop s’n en blomme in wit pienk rooi
of pers is ideaal vir vensterbokse en
hangmandjies maar dis ook nuttig vir lae
heinings of traliewerk.
Plant blomme van dieselfde kleur
in groepe vir maksimum trefkrag –
byvoorbeeld rooi oranje pers en geel
ranonkels in rye ’n rand veelkleurige
gesiggies langs ’n paadjie of omskep ’n
skaduryke deel van die tuin in ’n
droomwêreld met wit mauve en pers
feetjieprimulas (Primula malacoides).

Wenk van die maand
Met al die herfsblare wat
nou val is dit die
perfekte tyd om ’n
komposhoop te begin;
werk knipsels uit die
tuin en kombuisafval by
om jou eie organiese
kompos te maak.

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.


Tuindagboek


Feetjieprimulas

Gaillardia
Free download pdf