Tuis. 05

(Tuis.) #1

Mei 2017 tuis 105


Plant ’n aalwyn
As jy pragtige kleur in die winter soek en
suikerbekkies na jou tuin wil lok
plant aalwyne. Hul treffende vorm en
helder blomme werk die beste in
natuurlike en inheemse tuine of
tussen verweerde klippe teen sonnige
skuinstes. Die groeiwyse wissel van
steelloos tot mediumgroot en baie
groot. Heelparty nuwe kultivars is
gekweek vir ’n langer blomtydperk en
toleransie vir koue. Variëteite soos
‘Bush Baby Yellow’ ‘Little Lemon’
‘Maggie’s Magic’ ‘Candy Floss’
‘Guinea Fowl’ ‘Harlequin’ en ‘Winter
Bells’ is geskik vir klein tuine en
potte. As jy genoeg ruimte het kan jy
‘Berry Sorbet’ ‘Colour Burst’ ‘Diana’
‘Habanero’ en ‘Power Pink’ almal
mediumgroot variëteite plant. >>

Lachenalia


  • Maak in die somerreënstreek seker alle
    plante het ’n goeie deklaag en maak
    gereeld nat. In die Wes-Kaap is die grond
    ná die eerste reëns perfek vir fynbos-
    ƉůĂŶƚĞƐŽŽƐƌĞƐƟŽƐ͕ƉƌŽƚĞĂƐ͕Leucaden-
    dronsenEricas. Moenie rondom die fyn
    oppervlakwortels van fynbos plant nie.

  • Skuif huisplante weg van vensters en
    elektriese verwarmers. Maak die blare
    met ’n newelspuit nat en maak die pot
    staan op ’n piering met klippies en water
    om die humiditeit te verhoog.


ͻDĂĂŬŬĂŵĞůŝĂƐ͕ŬĂƚũŝĞƉŝĞƌŝŶŐƐĞŶĂƐĂůĞĂƐ
gereeld nat en strooi ’n goeie deklaag
ƌŽŶĚŽŵĚŝĞǁŽƌƚĞůƐ͕ŵĂĂƌŶŝĞƚŽƚƚĞĞŶĚŝĞ
stamme nie.
ͻ^ƚƌŽŽŝďĞŵĞƐƟŶŐƌŽŶĚŽŵƐŝƚƌƵƐďŽŵĞ
(bly weg van die stamme af) om dit aan te
moedig om vrugte te dra. Maak goed nat.


  • In koue tuine is dit nie nodig om struike
    ingrypend terug te snoei nie omdat die
    winterkoue en ryp gevoelige nuwe groei
    kan beskadig. Bedek gevoelige plante met
    kommersiële rypbedekking.


Doendinge dié maand


Foto

Gillian Eva

Ekovriendelike tuine
Die Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit
word op 22 Mei gevier. In ’n natuurlike ekostelsel is
daar ’n diverse reeks plante en ons kan dit naboots
deur ’n verskeidenheid plante in ons eie tuin te plant.
Kies waar moontlik inheemse plante bo indringers
omdat hulle aangepas is vir plaaslike toestande en
verwyder indringerplante om meer gepaste plante te
plant (sien “Ken jou indringers” op bladsy 106).
Lok verkleurmannetjies (bo) en ander klein diere
deur skuiling kos en water vir hulle te bied. Plant
bome en struike as blyplek vir voëls en insekte en
bou ’n dammetjie vir paddas en naaldekokers.
Lok bestuiwers na jou tuin deur blomme te plant
wat nektar en stuifmeel produseer – kies veral plante
wat inheems tot jou streek is. Moenie chemikalieë of
skadelike middels in jou tuin gebruik nie sodat dit ’n
veilige habitat vir dierelewe kan wees.
Free download pdf