Tuis. 05

(Tuis.) #1

106 tuis Mei 2017


Elke tuin moet ’n polletjie katsterte
hê; die blaarsap van dié inheemse
vetplant is ’n strelende eerstehulp-
middel vir wonde en velirritasies.

Kweek dit soPlant dit in rotstuine in droë
areas en in droë skadu onder bome; trouens
dit kan amper oral geplant word. Katsterte vra
baie min water is hitte- en rypbestand en dra
so te sê heeljaar dekoratiewe geel of oranje
blomare. Die plant kom natuurlik voor in die
Vrystaat KwaZulu-Natal en in dele van al die
Kaapprovinsies.
Wenk van die maand Gebruik katsterte as
grondbedekker en plant hulle in massas saam
met wildeknoffel (Tulbaghia violacea) met sy
pers blomme in goedgedreineerde grond wat
met kompos verryk is.
Algemene probleme Die plante kan topswaar
raak; plant hulle redelik diep sodat hulle nie
omval nie.
Het jy geweet? Die sap van die blare kan in
sjampoe gebruik word as vogmiddel.
Gebruike Druk die blaar saggies tussen jou
vingers en smeer die helder sap direk op die
vel om wonde brandwonde veluitslae snye
herpes jeukerigheid omlope gebarste lippe
pitsere ekseem muskietbyte koorsblare en
aknee te behandel. Wend aan soos nodig.
KONTAK healthyliving-herbs.co.za

Katstert


Katteklouranker

Katstert(Bulbine frutescens)


Krui van die maand


Huisplant van die maand


Cyclamenpersicum


Kenjou


Foto

Kay Montgomery

indringers


Elkemaandwysons’nplantwatas’nindringer
verklaaris.Houjouoëoopinjoutuinenbuurt.

Katteklouranker(Dolichandra unguis-cati)
is ’n hoogs indringende rankplant wat aan
’n boom struik of heining heg en dan die
gasheerplant bedek. As daar niks naby is
om teen te rank nie sal dit grondlangs
groei tot dit iets kry om teen op te rank.
Die plant is immergroen en het katagtige
kloue waarmee dit aan amper enige
oppervlak kan klou en dis baie moeilik
om los te kry. Dit dra trompetvormige
blomme van September tot Februarie. Die
vrug is ’n plat leeragtige kapsule wat
oopbars wanneer dit ryp is en papieragtige
gevleuelde saad vrystel wat dan deur die
wind versprei word.
Indringerstatus
Die ranker is ’n Kategorie 1b-indringer
wat beteken jy kan vervolg word as dit op
jou eiendom gevind word.
Hoekom is dit problematies?
Katteklouranker ding mee met ons
inheemse plantegroei en kan ook bome só
beskadig dat hulle kan omval. Vir nog
inligting besoekinvasives.org.za.

Cyclamen

Cyclamen persicumsal teen Mei
in die winkels wees net betyds
vir Moedersdag! Met blomme in
die vorm van skoenlappervlerke
bo hartvormige blare is dié
binnenshuise plant ’n regte
apploustrekker. In die natuur is
dit ’n bergblom van Turkye wat
onder die sneeu groei en blom;
dit vaar dus die beste in ’n koel
vertrek maar met goeie lig. Dié
siklaam groei ook goed op ’n
stoep of in ’n binnehof veral
wanneer dit in groepe geplant
word. Die plant kom in baie
kleure so jy sal altyd een kry wat
by jou kleurskema pas. Probeer
’n klomp in ’n groot glaspot of
-bak. Hou die grond klam maar
nie te nat nie; dit vrot maklik.

Bron

Hillcrest-bewarea

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.

NUUT
Free download pdf