Tuis. 05

(Tuis.) #1

Dopluis-probleme onder rose


Take vir elke streek


Somerreënstreek Maak minder nat sodat
jou rose dormant kan raak; moet ook nie
bemesting toedien nie. As plantluise baie
aktief is deurdrenk die grond rondom die
rose met Koinor. As jou rose nog blom en
oortrek is van blare hou aan om twee-
weekliks met Chronos of Rose Protector te
spuit teen swartvlek.
Kaapse kusstreek Siektes soos swartvlek
poeiermeeldou roes en donsskimmel gedy
in koel weer. As die eerste reëns geval het

‘Germiston Gold’

‘Nicole’

V: My ‘Germiston Gold’-hoogstamrose vaar
deesdae nie so goed nie. Is hulle
slagoffers van die droogte?
Hoogstamrose is ietwat kunsmatig
omdat die okuleerlas op ’n 1 m hoë stam
heeltemal ontbloot is anders as by ’n
gewone roos waar die okuleerlas deur die
omringende grond vars gehou word. Die
water en voedingstowwe moet teen ’n lang
relatief dun stam opbeweeg na die kroon
en die sap wat onder meer die suiker dra
moet dieselfde paadjie ondertoe volg. Dis
dus moontlik dat die warm droë somer jou
rose onder ekstra druk sal plaas.

V: My floribundaroos ‘Nicole’ het van sy
blare afgegooi; sal bemesting blaarvorming
aanmoedig?
In Mei sal rose wat hul blare afgegooi
het min baat vind by ’n toediening van
misstowwe. Dit sal hulle dalk dwing om
uit te loop maar sulke nuwe lote sal
waarskynlik blind wees. Blomknopvorming
tydens die groeiseisoen kan nie gebeur
sonder blare wat die nodige voeding en
hormone vervaardig nie.

Rose ly nie dikwels onder dopluise nie
maar ’n infestasie kan vererger word
deur warm droë toestande.
Soorte dopluise
Net soos spinmyte bly dopluise eers aan
die laer dele van die struike en dring die
basweefsel se buise binne op soek na
kos. Vroulike dopluise kan tot ’n jaar
lank leef. Die ma het ’n beskermende
dop vir die kleintjies wat binne dae
uitbroei en dan self ’n dop begin vorm
vreet en eiers lê. Hulle sal selfs bo-op
die ma se dop eiers lê. Uiteindelik het
hulle nie meer ruimte en kos oor nie en
beweeg hoër teen die stam op.
Dieselfde beginsel geld by die
Australiese luis. Die wyfie het ’n wit
geriffelde eiersak met ’n massa
helderrooi eiers. Die jong insekte (of
“nimfe”) is uiters aktiewe kruipers.
Hou dit só in toom


  • Sny liefs swaar geaffekteerde stele wat
    besig is om dood te gaan af.

  • Insekdoder is net doeltreffend op die
    insekte voor hulle hul dop of wolsak
    gevorm het. Spuit met ’n middel soos
    Ludwig’s Insect Spray of Organocide
    teen dubbelsterkte. Dit het ’n
    versmorende uitwerking wat die ma én
    die onbeskermde nimfe sal doodmaak.

  • Verbeter sapvloei deur meer water by
    die wortels uit te kry. Maar ook seker die
    grond is goed belug sodat die wortels
    meer aktief kan wees.


Wenk Aangesien dit amper tyd is vir jou
rose se wintersnoei wanneer die meeste
van die aangetaste dele in elk geval
afgesny gaan word is daar geen haas
nie – tensy jy aan die KwaZulu-Natalse
kus woon en daarna kan uitsien dat jou
rose aanhou blom.

Besoek ludwigsroses.co.za en stuur vrae na [email protected].


Ludwig se


rooshoekie


Die rooskenner Ludwig Taschner gee raad om
’n dopluis-infestasie die hoof te bied.

Trots op jou tuin?
Stuur foto’s na

[email protected]



  • ons wil graag sien!


beskerm nuwe groei deur elke twee weke
met Chronos of Rose Protector te spuit.
As dit nog nie gereën het nie is dit nie
nodig om te spuit nie maar hou aan om
nat te maak met gryswater.
Laeveld en KwaZulu-Natalse kus Maak
steeds nat spuit met Ludwig’s Insect
Spray en bemes met Vigorosa. As
plantluise baie aktief is deurdrenk die
grond rondom die rose met Koinor. Maak
twee keer per week goed nat.
Free download pdf