Tuis. 05

(Tuis.) #1

Mei 2017 tuis 11


UIT LAPLAND

WINKELS TOE!

Terwyl ons almal meer waterwys
probeer leef maak ons in die
proses beter kennis met vetplante!
Daarom is ons dol oor dié nuwe
ontwerp Scrumptious Fest van
Soya Dekor (138 cm breed
R385/m); dis te kry in drie kleure:
Chile on Maison Blanche Black on
White en Lily on Blue. Sien
soyadekor.co.za.

Amiti by Langstraat 81 in die Kaapse middestad hou ’n verskeidenheid werke van
kontemporêre ontwerpers en kleinsake-eienaars in die leefstylbedryf aan. Hul
dekoritems sluit keramiekware houtprodukte sagte meubels afdrukke en
muurbehangsels in. “Amiti afgelei van die Engelse woord ‘amity’ beteken
vriendskap en vreedsame verhoudings – en dis waaroor ons besigheid gaan” sê
die eienaar Julie Gardiner. Gaan koop by amitishop.co.za.


WARM KOPIES

As jy sagte neutrale kleure
bo helder skakerings verkies
is die onderbeklemtoonde
tone en fyn geometriese
ontwerpe van die jongste
Geonature-plakpapier deur
Eijffinger so reg in jou kraal.
Dis beskikbaar by
Dreamweaver Studios teen
R1 550 vir ’n rol van 10 m x
52 cm. Sien meer by
dreamweaverstudios.co.za.

Maak gereed vir die
winter met ’n nuwe
vlekvryestaal-
Spartan Boxx- verhitte
handdoekreling van
Jeeves (R4900). Die
ontwerp is eenvoudig
dog treffend en dit
gebruik maar soveel
elektrisiteit soos ’n
gloeilamp! Vir meer
besonderhede besoek
jeeves.co.za.

Ons hou van Fragranite se
wasbakke want hulle beloof om
bakteriegroei met 99% te verminder!
Boonop is dit beeldskoon – kyk net
dié swart Franke Maris-dubbel-
wasbak (R5 515) van Italtile. Dis
boonop bestand teen brand- en
kapmerke asook duike en vlekke.
Sien italtile.co.za.
Free download pdf